Susters gekaap op dieselfde plek, dag

2010-10-29 21:32

Mev. Rita Cloete kort voordat sy gistermiddag aan die gewrigte en hande geopereer is. (Foto: Wolfram Zwecker)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee susters, een van Potchefstroom en een van Springs, was op dieselfde dag en op dieselfde plek, agt uur uit mekaar, betrokke in kapingsdramas.

Albei mev. Rita Cloete (72) van Potchefstroom se polsgewrigte is gebreek in die kaping voor haar suster, mev. Lida Prinsloo, se huis in Eastvalestraat, Springs.

Die nagmerrie het eergister omstreeks 12:00 begin toe Prinsloo by haar hekkie stilgehou het.

“Die volgende oomblik was hy op my en skreeu in Afrikaans: ‘Ek gaan jou skiet’, en ruk die bondel sleutels uit my hand.

“Hy spring in die motor, jaag weg, maak ’n draai en ry my nog amper raak ook,” het sy gistermiddag vertel.

Intussen was mev. Cloete en haar man, mnr. Martin Cloete (67), van Potchefstroom op pad na Springs om ’n kas by Prinsloo te kom aflaai.

“Nadat ons die kas afgelaai het, het ek en my vrou ’n paar goedjies gaan koop en was so teen 19:30, 20:00 weer by die huis. Ek het met die Nissan-bakkie op die sypaadjie stilgehou toe ’n motor stadig verby ry en stilhou.

“Een van die mans klim uit en stap nader terwyl ek ook uitklim. Ek het gedink hy soek aanwysings of so iets. Toe pluk hy sy vuurwapen uit en rig dit op my.

“Hy skreeu: ‘Get down, get down’, maar ek sê ek kan nie, want ek het ’n knievervanging gehad en kan nie kniel nie. Hy skreeu ek moet lê, anders skiet hy my,” het mnr. Cloete gistermiddag gesê.

Intussen het die ander kapers om die bakkie beweeg en sy vrou uitgepluk. Sy het blykbaar uit skok haar handsak teen haar bors gedruk, wat die kapers laat vermoed het sy het iets waardevols daarin.

Hulle het haar op die grond gegooi, haar met ’n geweerkolf agter die kop geslaan en toe sy lê op haar polsgewrigte getrap.
Prinsloo wat in die huis was, het gesien wat buite gebeur en haar dogter, Riette Trollip (50), en ’n huisvriend, mnr. Jeff Reece, geroep.

Volgens mnr. Cloete het een van die kapers Reece sien kom en twee skote in sy rigting gevuur. Reece is nie getref nie en het op die grond geval en is daarna weer die huis in.

Hulle kon daarin slaag om die veiligheidsdeur te sluit voordat die aanvallers daaraan begin pluk het.

Voordat Reece homself, Prinsloo en Trollip in die badkamer toegesluit het, het een van hulle daarin geslaag om die noodknoppie wat die sirene laat afgaan te druk.

Toe die sirene begin loei het die aanvallers in hul motor gespring en weggejaag.

“Hulle het al ons kaarte, selfone, ID en so R5 000 gevat. Maar ons leef en is dankbaar daarvoor,” het mnr. Cloete gesê.

Mev. Cloete is gistermiddag aan haar twee gewrigte en hande in die Parklands-kliniek in Springs geopereer. Volgens haar dogter, me. Estelle Verwey, ook van Potchefstroom, sou hulle van die beentjies verwyder wat versplinter het.

“Ek is net dankbaar, dit kon erger gewees het,” het mev. Cloete gesê kort voordat sy geopereer is.

Volgens Verwey is haar ma ’n diep gelowige mens wat al klaar vergewe het. Prinsloo het berading gekry ná die kaping.

Chanelle Rebello (4), Trollip se kleindogter wat by Trollip en haar oumagrootjie gekuier het, het in die stort agter die gordyn weggekruip. Sy het eers weer uitgekom toe die polisie en ambulansmanne al daar was.

Volg Beeld op Twitter. Klik hier.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.