Suur mynwater maak blind

2010-06-29 22:35

Twee seekoeie wat al agt jaar in radioaktiewe suur mynwater in die Krugersdorp-wildtuin bly, is vermoedelik blind en sal dalk van kant gemaak moet word.

So het Me. Brenda Santon, bestuurder van die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) se wildeenheid, in e-pos aan me. Louise Joubert, eienaar van die Sanwild-rehabilitasiesentrum naby Gravelotte in Limpopo, geskryf.

Dié e-pos is aan Joubert gerig nadat Joubert aangebied het om die twee seekoeibulle te laat vang en op haar koste na Sanwild te bring.

Santon het egter gesê die diere is vermoedelik blind (weens die suur mynwater) en sal moontlik van kant gemaak moet word.

Die suur mynwater het hul gesondheid waarskynlik al só aangetas dat hulle nie ’n verskuiwing sal kan oorleef nie, het sy gesê.

Santon het gister bevestig sy weet al langer as ’n jaar van die seekoeie wat in die mynwater leef, maar dat hul kantoor in Johannesburg die saak glo moes ondersoek.

Die ondersoek het vermoedelik doodgeloop, maar is glo verlede week hervat.

Santon het eergister aan Beeld gesê die NDBV het verlede week inspeksie in die Krugersdorp-wildtuin gehou en is “bekommerd” oor ál die wild.

“Die seekoeie word die ergste geraak omdat hulle die grootste deel van die dag in die dam deurbring en aan die mynwater blootgestel is.”

Die NDBV het na foto’s van die diere gekyk en meen die mynwater het albei oë van albei diere moontlik aangetas.

Volgens Santon sal dit dus nie raadsaam wees om die diere na ’n vreemde omgewing te skuif as hulle nie behoorlik kan sien nie.

“Ons sal beslis nie wil sien dat die seekoeie onbepaald in die suur mynwater bly nie,” het Santon gesê.

Joubert het gesê dit is ’n skande dat die NDBV al sedert die begin van verlede jaar weet van die slegte omstandighede waarin die diere in die wildtuin leef en nog niks gedoen het nie.

Sy het gesê sy sal alles in haar vermoë doen om die seekoeie na Sanwild te bring.


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.