Swartes kry nie kanse, sê Zuma

2011-09-06 23:21

Suid-Afrika se tronke is vol swart gesigte omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie, het pres. Jacob Zuma gesê.

“Daar is baie min wit gevangenes, want hulle is besig om sake te doen, maar ons het nie geleenthede nie.

“Swart mense is werkloos en honger en dan beland hulle in die tronk.”

Zuma het gister in Johannesburg op ’n spitsberaad vir swart sakelui gesê ongelykheid in Suid-Afrika is steeds kommerwekkend.

“Die maatskaplike en ekonomiese aspekte van transformasie bly nog agterweë. Die impak van armoede en ongelykheid is steeds skreiend.

“Hoe meer ons bereik, hoe meer is ons bewus daarvan dat ons nog soveel meer moet doen.”

Die eienaarskap en bestuur van die land se ekonomie het nie werklik verander sedert Suid-Afrika ’n demokrasie geword het nie, het Zuma gesê.

Hy het verwys na die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se jongste verslag wat daarop dui dat minder as 17% van topbestuurslede swart is.

Dié “kommerwekkende statistieke” beteken dat regstellende aksie moet voortduur om die speelveld tussen wit en swart gelyk te maak aangesien net ’n klein deel van die samelewing tot dusver deur swart ekonomiese bemagtiging (SEB) bevoordeel word.

Zuma het gesê die fokus op SEB moet verdiep en wetgewing sal ingestel word om maatskappye vas te vat wat net voorgee dat hulle aan SEB-vereistes voldoen.

“Die name van maatskappye wat oortree, asook dié van hul direkteurs, sal op ’n swartlys geplaas word, boetes sal opgelê word en die maatskappye se telkaarte sal opgeskort word.”

Maatskappye én die openbare sektor gaan ook gedwing word om ’n sekere persentasie van hul aankope van plaaslike ondernemings onder swart beheer te doen.

Zuma het gesê die ekonomie moet swart entrepreneurs oplewer wat hul eie fabrieke besit en onder meer teks­tiel, meubels en metaalprodukte vervaardig.

Terwyl baie swart mense verskeie sektore van die ekonomie betree het, is daar geen sigbare swart nyweraars nie.

“Ons sien nie dat swart mense of vroue groot fabrieke of myne besit nie.

“As ons nie myne besit nie, besit ons slegs aandele. Buitengewone maatreëls moet ingestel word om dié buitengewone kwessies te hanteer.

“Swart sakelui sal moet saamstaan om transformasie te bewerkstellig.

“Ons is reeds 17 jaar lank ’n demokrasie. Ons weet wat gedoen moet word, maar ons het eenheid (in die swart sakesektor) nodig en daardie eenheid begin hier.”


Mnr. Jimmy Manyi, kabinetswoordvoerder, pres. Jacob Zuma en mnr. Brian Dames, Eskom-bestuurshoof, in Johannesburg.

Volg Beeld op Facebook en Twitter.


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.