Sy vlag is gestryk

2010-04-09 22:10

Ondersteuners van mnr. Eugène Terre’Blanche drom gistermiddag om sy kis saam toe dit by die AP kerk in Ventersdorp ingedra word. Foto: Kim Ludbrook, EPA

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ventersdorp. – Breëborsmans in kakieklere het openlik gehuil toe die AWB-vlag gister hier oor die kis van mnr. Eugène Terre’Blanche, vermoorde AWB-leier, getrek is.

Tientalle mense het van oor die land heen op die dorp toegesak vir Terre’Blanche se begrafnis en die kerk van hoek tot kant volgepak.

Begrafnisgangers het opgestaan en “Die Stem” gesing toe die kis met ’n wit kruis en ’n ruiker blomme die kerk ingestoot is en langs ’n foto van Terre’Blanche en sy perd Atilla voor in die kerk staangemaak is.

“Lanklaas is ’n volk so geskud,” het ds. Ferdie Devenier, wat die diens gelei het, gesê.

Aan mev. Martie Terre’Blanche en hul dogter, Bea, het Devenier gesê: “Ons harte is saam met u stukkend. Groot getalle mense slaan vandag hul arms om julle.”

Toe het hy gebid: “Ons weet die slegte handlangers van Satan het dit gedoen, maar U het dit toegelaat.” Dis alles deel van “die raadsplan van God”, het Devenier verduidelik.

Oor Terre’Blanche se omstredenheid het hy gesê: “Oom Eugène was geen engel nie, maar God red nie engele nie.”

Mense het dwarsdeur die diens trane afgevee.

As die Afrikanervolk weer die land wil regeer, moet hulle die afgode los, het Devenier gepreek. “Los die Lotto-kaartjie, die drankgod, die wellus en die sportgod.”

Met subtiele verwysing na die wraakplanne waaroor berig is, het hy gemaan: “Ek weet baie mense wil baie dinge doen. Los daardie dinge. Begin by die Here.”

In ’n huldeblyk aan Terre’Blanche het mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Afrikanerfront, gesê meer as 3 300 boere is sedert 1994 vermoor.

Die sanger Steve Hofmeyr, wat van kop tot toon in swart geklee was, het Terre’Blanche in ’n vurige toespraak as “die laaste Boer, trotse kultuur-ikoon en vir baie ’n politieke leier” beskryf (lees berig op bl.?5).

Op die maat van die lied “Genade onbeskryflik groot” is die kis uit die kerk gedra. ’n Huilende mev. Terre’Blanche, in ’n swart strepiesbroekpak, is deur familielede ondersteun.

Op pad na Terre’Blanche se plaas, Witrandjiesfontein, waar hy in die familiekerkhof begrawe is, het die liedjie “De la Rey” uit talle van die bakkies opgeklink.

Een man het langs die pad stilgehou en ’n piksteel en ’n panga op die enjinkap van sy bakkie neergesit.

Vierkleure en ander ou vlae het oral gewapper en ’n yslike Vierkleur is oor ’n stuk grond minstens so groot soos ’n rugbyveld uitgegooi.

Omring deur ’n menigte joernaliste en ander mense het die familie deur ’n erewag van ses swart perde en ruiters na die grafkelder gestap.

Toe die kis laat sak is, het mev. Terre’Blanche snikkend gehuil terwyl ’n man die “Onse Vader” gesing het.

Daarna het mense enkele rooi en geel rose op die kis gegooi voordat die grafkelder met ’n staalplaat bedek is. Talle mans in kamoefleerdrag of AWB-uniforms het die kis gesalueer.

So baie mense het die begrafnis bygewoon dat mense nog in die stoet op pad na die plaas was toe die teraardebestelling al verby was en mense na die dorp begin terugkeer het.

Sommige het die aantal begrafnisgangers op meer as 10 000 geraam.

Onder hulle was hoëlui soos me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder, haar adjunk en leier van die VF+, en me. Maureen Modiselle, premier van Noordwes.

Verkeerschaos het die hele dag op die dorp geheers, met toue en toue motors wat eers by die kerk en toe by die kerkhof probeer uitkom het. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.