‘Taal word op die brandstapel geplaas’

2010-07-29 22:30

Die tempo waarteen Afrikaans by die Universiteit van Pretoria (UP) afgeskaal word, kan beteken dat die taal teen 2015 heeltemal afgeskaf sal wees, het AfriForum Jeug gister gewaarsku.

Die universiteitsbestuur het dit ontken.

AfriForum Jeug het tydens ’n bewusmakingsveldtog statistieke oor die stand van Afrikaans op ’n graffiti-muur by die UP geverf.

In sowat 5 000 pamflette wat uitgedeel is, voer die organisasie aan die UP-hoofbestuur is besig om Afrikaans op die brandstapel te plaas.

Volgens AfriForum Jeug het die bestuur studente in 2005 die versekering gegee dat die taalkwessie aandag sal kry. “Ná vyf jaar sit hulle egter steeds en dink meer aan hoe hulle die ANC tevrede kan stel as aan die belang van studente.”

Die organisasie meen dit is tyd om vir die behoud van Afrikaans aan die UP saam te trek.

Die UP was in 1990 100% Afrikaans, in 2000 was dit sowat 80% en vanjaar is daar glo net 10% Afrikaans oor. AfriForum Jeug wou weet: Wat gaan in 2015 oor wees?
 
Luidens die pamflet kom die feit dat die UP toenemend met Afrikaans as onderrigmedium wegdoen daarop neer dat onderrig in die ander inheemse tale nie bevorder kan word nie.

Verskeie redes word gegee hoekom Afrikaans by die universiteit belangrik is:

  • Internasionale en plaaslike navorsing bewys moedertaalonderrig is die beste vorm van onderrig.
  • Weens die afskaffing van Afrikaans is die UP nie meer een van die wêreld se 300 top-universiteite nie.
  • Afrikaans verseker ’n plek vir ander Afrika-tale.
  • Afrikaanse studente is die grootste groep aan Tuks.
  • Die Afrikaanse gemeenskap het die universiteit gebou, dus het die UP ook ’n verpligting teenoor hulle.
  • Moedertaalonderrig is ’n grondwetlike reg en studente betaal vir Afrikaans.
Prof. Niek Grové, registrateur van UP, het gesê Afrikaans sal nie teen 2015 by die universiteit afgeskaf wees nie.

In die volgende weke sal ’n finale verslag van die senaat se taalkomitee voor die raad dien waarin aanbeveel word dat die UP sy bestaande taalbeleid behou en dat sekere daadwerklike stappe gedoen word om die doeltreffende toepassing daarvan te versterk, het hy gesê.

Oor die bewering dat die hoofbestuur in 2005 ’n spesifieke onderneming gegee het om Afrikaans te beskerm, maar dit nou ontken, het Grové gesê die antwoord aan die organisasie was dat dié besluit of onderneming nie opgespoor kon word nie.

“Om die stelling nou te verdraai dat die universiteit beweer het hulle het nooit ’n onderneming gegee om Afrikaans op Tuks te beskerm nie, is bedenklik.”

Hy het ontken daar word beplan om kursusse of programme wat tans in Afrikaans aangebied word volgende jaar af te skaf.

Grové het gesê 46% van die universiteit se modules word vanjaar in parallelmedium aangebied, 21% in dubbelmedium en die res net in Afrikaans of Engels.


’n Graffiti-muur by die UP waarop AfriForum Jeug-lede gister ’n grafiek geverf het om die stand van Afrikaans op die kampus aan te dui.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...