Testament in e-pos geldig, sê appèlhof

2010-09-07 22:08

Die testateur (persoon wat ’n testament maak) of getuies se handtekeninge op ’n testament is nie die alfa en die omega oor ’n testament se geldigheid nie.

Die belangrike vraag is: Wat was die testateur se laaste, werklike wense en bedoeling?

Dié deurslaggewende uitspraak het vyf regters van die appèlhof gister gelewer in ’n geding oor die geldigheid van ’n testament wat net in e-pos geskryf is.

Mnr. John van Schalkwyk van Johannesburg, die testateur, het die e-pos-weergawe nie voor sy dood onderteken nie.

Hy het dit net per e-pos aan mnr. Hendrik van der Merwe van Kaapstad, sy boesemvriend, gestuur.

Voor sy dood was Van Schalkwyk en Van der Merwe volgens appèlregters M. Navsa, T. Cloete, B. Shongwe, E. Bertelsmann en J. Ebrahim baie hegte vriende, dermate dat albei onderneem het om hul aardse besittings in nuwe testamente aan mekaar te bemaak.

Geeneen van die mans was ooit getroud of het enige afhanklikes nie.

Dit was ná dié ooreenkoms dat Van Schalkwyk die e-pos-testament aan Van der Merwe gestuur het.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) was Van Schalkwyk se enigste erfgenaam in ’n testament wat vóór die e-pos-testament opgestel is.

Die DBV het die tweede testament se geldigheid betwis en aangevoer dat dit ongeldig is omdat nóg Van Schalkwyk nóg getuies dit onderteken het.

Die appèlregters het gister gesê die vraag oor ’n testament se geldigheid eindig nie by die formele vereistes in die Wet op Testamente nie.

Dit is dwingend noodsaaklik dat ’n hof ook die testateur se bewysbare laaste wense eerbiedig.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.