Trane vir SA se duif in Sun City

2012-01-29 21:31

Een van die duiwe vlieg na die hokkekompleks by Sun City op die 16de Sun City-miljoendollar-duifwedvlug. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy sal dadelik hoor as dáárdie duif kom.

En dis presies wat eergister gebeur het tydens vanjaar se 16de Sun City-miljoendollar-duifwedvlug.

Die gemoedere het hoog geloop onder duifeienaars en geesdriftiges toe die eerste duiwe aankom.

Alle oë was vasgenael op die vertoonskerms in die Sonstad se Superbowl, waar die wedvlug regstreeks uitgesaai is.

Ná sowat nege uur se vlieg het die eerste duif, Rubellos van Duitsland, sy opwagting gemaak.

Sowat 3 500 duiwe van 37 lande is eergister om 06:35 buite Petrusville in die Noord-Kaap vrygelaat, waarna hulle 578 km moes vlieg na die hoksentrum in die Pilanesberg by Sun City.

Kort ná Rubellos het twee duiwe gelyk geland.

Dié twee het lank gehuiwer voordat hulle eindelik dié hok binnegegaan het.

Hulle is deurgaans deur die skare aangemoedig om die hok binne te gaan. Dit was nóg twee plekke vir Duitsland.

Byna ’n halfuur later het die eerste Suid-Afrikaanse duif, Queen of Hearts, in die vyfde plek verskyn. Nommers drie en vier was ook van Duitsland.

Mnr. Saville Penkin, Queen of Hearts se eienaar, het gesê “dis ’n ongelooflike lekkerte”.

“Van dag een was ek by dié wedvlug betrokke. Ek wil sommer huil,” het Penkin, ’n duiweboer van Kaapstad, gesê.

Penkin (72) het bewoë geraak toe hy sy vrou, Denise, bedank vir haar steun en begrip vir die meer as 55 jaar wat hy by duifwedvlugte en duiwe betrokke is.

“Ek is lief vir dié sport en sal dit nooit opgee nie,” het hy gesê terwyl hy sy wenduif op die kop soen.

Queen of Hearts het Penkin $35 000 (sowat R280 000) in die sak gebring.

Rubellos het $200 000 (sowat R1,6 miljoen) vir sy eienaar losgevlieg.

Queen of Hearts is gister, toe die eerste 100 duiwe op ’n veiling van die hand gesit is, vir R12 000 verkoop.

Rubellos is deur die Suid-Afrikaanse duiweboer en deelnemer aan duifwedvlugte mnr. Mark Kitchenbrand gekoop teen R250 000.

Kitchenbrand het ook die Duitse duif Sylt Orpheus, wat tweede was, gekoop – teen ­R360 000.

Dié duif het die hoogste prys op die veiling behaal.

In 2008 het Kitchenbrand R800 000 opgedok vir ene Birdie.

Dít is die meeste wat tot nog toe vir ’n wedvlugduif op ’n veiling in Suid-Afrika betaal is.

Birdie het destyds die tiende plek behaal.

Mnr. Paul Durand van Nelspruit se duif Baby Blue het negende geëindig.

Duiwe van Australië, Denemarke en Nederland was ook onder die toptien duiwe.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.