Transitorowers kaap polisiekar
2010-09-06 22:13
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Transitorowers het gister ’n polisiemotor naby Stilfontein gekaap.
Volgens lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die polisie die sowat ses rowers agternagesit nadat hulle die geld gebuit het.
’n Skietery het tussen die polisie en die rowers uitgebreek en die rowers het in die polisiemotor gespring en weggejaag.
Dit, en leë houers waarin die geld was, is later verlate in dieselfde omgewing gevind.
“Dis ’n groot bedrag, maar ons mag nie bekend maak presies hoeveel nie,” het Metsi gesê.
Niemand is nog gearresteer nie.