‘Tshwane-beeld as skoon stad word herstel’

2010-03-09 22:44

Lede van die Tshwane-metropolisie het dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, gister met ’n erewag by die Sammy Marks-plein in die Pretoriase middestad verwelkom.Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, het gister te midde van diensleweringoptogte in dié metrogebied in haar stadsrede toegegee “baie moet nog gedoen word”.

Ontevrede inwoners van Soshanguve het eergisteroggend oor swak dienslewering in opstand gekom. Oproerigheid is gister ook in Hammanskraal en Mamelodi-Oos voortgesit.

Ramokgopa het gister haar vyfde stadsrede gelewer nadat sy in 2006 die metromunisipaliteit se leisels geneem het.

Tshwane vier ook sy tiende bestaansjaar nadat 14 munisipaliteite in 2000 saamgesmelt het.

Oor die diensleweringoptogte het sy gesê Tshwane sal moet uitvind waaroor die ongelukkigheid gaan.

In baie gevalle gaan dit oor huise, het sy gesê. Volgens haar is die tempo waarteen Hop-huise gebou en toegeken word te stadig en hou nie tred met die snelgroeiende aanvraag nie.

Sy het daarop gewys dat Tshwane sedert 2006 beduidende suksesse behaal het in die voorsiening van basiese dienste.

Die uitwissing van informele nedersettings is steeds van die hoofprioriteite. Tshwane het sedert 2006 al 33 van die 65 nedersettings in die metrogebied geformaliseer en sal vanjaar na verwagting nog tien uitwis.

Die afgelope staking deur vullisverwyderaars was volgens Ramokgopa onnodig. “Dit was ’n onwettige staking wat die bestuur moes gehanteer het. Ek is nie oortuig daarvan dat genoeg gedoen is (deur die bestuur) om die staking af te weer nie.

“Tshwane is bekend as ’n skoon en leefbare stad en ek wil die publiek verseker alles word gedoen om dié beeld te herstel.”

Sy gaan vanjaar persoonlik verantwoordbaarheid van amptenare eis. “Slegte diens, luiheid, onbekwaamheid en selfvoldaanheid kom ongelukkig na vore wanneer leiers vergeet hulle is daar om te dien.”

Die munisipaliteit se finansies lyk beter, het sy gesê. Die kontantvloeiprobleme van verlede jaar is verby en die oortrokke bankrekening van R700 miljoen is sedertdien betaal, het sy gesê.

Sy het het bekend gemaak dat die Krugerpark- en die Schubartpark-woonstelle, die stadsaal en verskeie museums vanjaar nuwe baadjies gaan kry.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.