Tshwane sê rekeninge 'nié 'n groot probleem'

2012-02-09 10:52

Inwoners wat aanmanings kry oor wanbetaling en dienste wat verkeerdelik opgeskort word, is ’n geringe probleem, sê die Tshwane-metro.

Beeld het gister berig daar is groot ongelukkigheid onder inwoners in Tshwane wat kennisgewings kry dat hul dienste opgeskort gaan word weens wanbetaling, al betaal hulle pligs- getrou.

Tshwane kon verlede maand nie betyds rekeninge aan sowat 180?000 inwoners stuur nie weens ’n tekort aan koeverte.
Inwoners is versoek om betalings op grond van gemiddelde maandelikse verbruik te doen.

Baie inwoners het ook in Desember nie rekeninge gekry nie.

Van die inwoners kry nou aanmanings oor agterstallige rekeninge.

Mnr. Jason Ngobeni, stadsbestuurder van Tshwane, het gister gesê dit blyk daar is “onbestendigheid” met sommige inwoners se rekeninge.

Hy het gesê Tshwane probeer dienste wat verkeerdelik afgesny is binne 24 uur en selfs gouer herstel.

Ngobeni het gesê dit is nie ’n grootskaalse probleem nie.

Hy het gesê Tshwane het gesukkel om die rekeningstelsels van die vorige Metsweding-rade (Kungwini en Nokeng tsa Taemane), wat in 2011 ná die munisipale verkiesing by Tshwane ingelyf is, geïntegreer te kry.

Sowat 25?000 inwoners van die voormalige Kungwini en No-keng se inligting het verlore geraak in die oorskakeling, maar Tshwane sê die syfer het sedertdien gedaal en sowat 2?000 rekeninghouers se inligting moet nog bekom word.

Sommige inwoners moes die laaste paar maande van ver buite Bronkhorstspruit ry om by die munisipale kantoor in dié dorp te gaan hoor wat hul skuld beloop.

Me. Elzabé Gagiano, ’n Pretoriase verbruikersaktivis wat inwoners help met rekeningprobleme, het gesê daar was die laaste ruk ’n duidelike styging in die getal inwoners wie se dienste verkeerdelik opgeskort word.

Die metro het inwoners wat nie hul rekeninge ook per e-pos of SMS kry nie, gevra om dié besonderhede aan hulle te gee.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.