Tuinier skiet vrou dood

2010-09-23 22:34

’n Pretoriase vrou het gister vermoedelik die hek vir haar tuinwerker oopgemaak oomblikke voordat hy haar in die kop geskiet het.

Daarna het hy mev. Christa du Toit (53) se huiswerker en vriendin gedwing om vier keer bo-oor haar lyk te klim en self daaraan geskop.

Du Toit is dood in die gang van haar huis in Swacina Park, op die Uitzicht-kleinhoewes in die weste van Pretoria, by die plek waar sy haar elektroniese hek van binne af oop- en toemaak.

“Dit is verskriklik. Die een oomblik praat jy met haar. Dan kom jy terug en sy het ’n skoot in die kop,” het mev. Mickey Coetzee (48) vertel.

Du Toit, Coetzee en ’n huiswerker, me. Maurine Mambo (30), was gisteroggend alleen by die huis nadat Du Toit se verloofde, mnr. André du Plessis (54), Kempton Park toe is vir werk.

Du Toit se twee tuinwerkers het die oggend nie soos gewoonlik vir werk opgedaag nie.

Omstreeks 08:30 het Mambo gesien hoe die een tuinwerker Du Toit in die huis wurg en haar gehoor skreeu.

Coetzee was toe in haar woonstel op dieselfde perseel.

“Die volgende oomblik het Maurine aangehardloop gekom en gesê Christa word as gyselaar gehou,” het Coetzee gesê.

“Ek het vir Maurine gesê om die deur te sluit. Sy het net die deur gesluit toe skiet hy ’n skoot deur die deur.”

Die man het Coetzee en Mambo by die badkamer ingedwing voordat hy hulle na die hoofhuis geneem het.

Hy het ’n vuurwapen teen Coetzee se kop gedruk en aanhoudend geld geëis.

“Ons het in die gang ingeloop, toe lê Christa daar,” het Coetzee gesê.

“Ons moes oor haar loop na die hoofslaapkamer toe.

Hy het ons gedwing om vier keer oor Christa se lyk se loop.

“Toe ons die eerste keer oor haar lyk loop, het ek hom gevra of Christa dood is.

Hy het haar lyk geskop en vir my gesê om stil te bly.”

Ná die vierde keer het hy hulle by die agterdeur uitgestoot.

Mambo het die tuinwerker se vuurwapen gegryp en in die lug gegooi.

Dit het op die grond stukkend geval. Mambo het weggehardloop en by ’n buurman gaan hulp soek.

Toe takel die moordenaar Coetzee en slaan haar verskeie kere met die vuis in die gesig.

Sy het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom, was hy weg.

Lede van die Hercules-polisiekantoor, die polisie se lugvleuel en die Pretoriase K9-eenheid (die ou honde-eenheid) was binne minute op die toneel.

Coetzee het gratis hospitaalbehandeling van Wesmed by Bougainville-hospitaal in Hercules ontvang.

Du Toit het twee kinders, Amanda (26) en Leon (31).

Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na mnr. Nyasha Mabure (19) wat moontlik met die ondersoek kan help.

Niks is geroof nie.

De Bruin het gesê dit lyk of hy geld geëis het, maar niks gekry het nie.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.