Tuks FM gekap oor sy partytjie

2011-01-04 21:51

Die gort is gaar omdat Die Antwoord op Oujaarsaand by die Voortrekkermonument in Pretoria opgetree het.

Die Antwoord (met Ninja, Yo-Landi Vi$$er en DJ Hi-Tek) was een van die groepe op Tuks FM se Motherless-partytjie.

Die monument het eergister gesê dié groep “se aanstootlike taalgebruik en optrede getuig van swak styl en is nie iets waarmee die monument graag geassosieer wil word nie”.

Genl.maj. Gert Opperman, die monument se uitvoerende hoof, het Tuks FM daarvan beskuldig dat dié stasie nie “oop kaarte” gespeel het in sy aansoek om ’n konsert daar te hou nie.

Volgens Opperman is die monument se groot amfiteater aan die radiostasie verhuur.

Die stasie was verantwoordelik vir die keuse van kunstenaars en die programsamestelling.

Dít is nie met die monumentbestuur uitgeklaar nie, het hy gesê.

Die monument het laat in Desember in die media verneem Die Antwoord gaan optree.

Tuks FM is gekontak, maar was nie bereid om sy kunstenaarskeuse aan te pas nie.

“Tuks FM het gedreig dat ’n eis vir kontrakbreuk en skadevergoeding teen die Voortrekkermonument ingestel sou word indien hulle nie toegelaat sou word om met die konsert voort te gaan nie,” het Opperman gesê.

Mnr. Loutjie van der Merwe, die radiostasie se bestuurder, het gister gesê die stasie het te alle tye die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms “in letter en gees nagekom”.

Al die inligting wat Opperman se personeel aangevra het, is verskaf.

“Die Nuwejaarsparty is op die parkeerterrein langs die amfiteater gehou en nie in die amfiteater nie.”

Opperman het gesê die monumentdireksie en bestuurder spreek hul misnoeë oor Die Antwoord se styl en optrede uit.

“Die direksie en bestuur is baie sensitief oor die gebruik van geriewe wat onder hul beheer val.”

Streng keuring word toegepas, van die senotaafsaal, die mees sensitiewe plek, tot by die amfiteater, die mins sensitiewe.

“Alle aansoeke word deur ’n geriewekomitee op meriete oorweeg, wat ook in hierdie geval gebeur het.”

Opperman het gesê versoeke van Tuks FM om die amfiteater te gebruik, “sal voortaan met ’n groot mate van skeptisisme be­jeën word omdat hulle klaarblyklik onverskillig staan teenoor die sensitiwiteite van die Voortrekkermonument”.



Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.