Valke-hoë, 10 ’n ‘moordbende’

2012-02-19 22:10

Durban. – Die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal en tien lede van die eenheid teen georganiseerde misdaad by Cato Manor is deur die polisie in kennis gestel van voornemens om hulle te skors hangende bewerings dat lede van dié eenheid glo soos ’n moordbende opgetree het.

Genl.maj. Johan Booysen, wat twee jaar gelede as hoof van die Valke in die provinsie aangestel is, het verlede Maandag al op die kennisgewing gereageer nadat hy dit die vorige dag ontvang het. Die speurders by Cato Manor is Vrydag verskuif.

Beeld
verneem dat tien lede van die eenheid Vrydag soortgelyke kennisgewings ontvang het.

Kol. Rajen Aiyer, bevelvoerder van Cato Manor tydens die skietvoorvalle, is nié onder dié tien nie.

Die Sunday Times het gister berig bewerings word ondersoek dat 18 polisiebeamptes glo 51 verdagtes onregmatig doodgeskiet het.

Mnr. Carl van der Merwe, Booysen se prokureur, het gesê pogings om die generaal te skors, sal heftig teengestaan word. Booysen is einde verlede jaar deur die polisie aangeprys toe hy na bewering geweier het om te swig voor ’n poging om hom vir R2 miljoen om te koop om ’n korrupsie-ondersoek na ’n R60 miljoen-tender vir polisiekantore te bekook.

Kol. Navin Madhoe van die polisie se aankope-afdeling is in hegtenis geneem toe hy glo R1,4 miljoen in die kattebak van Booysen se motor gesit het.

Mnr. Thoshan Panday, ’n sakeman wat in verband met die beweerde tenderkorrupsie ondersoek word, is later ook in verband met die beweerde omkoop-poging in hegtenis geneem.

Dit het gister aan die lig gekom bewerings dat die Cato ­Manor-eenheid “280” verdagtes vermoor het, is reeds in 2009 deur ’n senior polisie-offisier gemaak in ’n gesprek wat op band opgeneem is.

Daar was in daardie stadium ’n tugsaak teen die polisieman in verband met die ongemagtigde gebruik van polisievoertuie en private werk wat hy sonder toestemming gedoen het.

Die offisier het glo vir Booysen, ’n lid van die vervolgingsgesag en die destydse hoof van die provinsiale speurdiens, as ’n “mafia” beskryf waarvan “ontslae geraak” moet word.

Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, wou nie kommentaar lewer op die ondersoek na die beweerde polisiemoorde nie en het gesê dit is ’n interne aangeleentheid.

Sluit aan by Beeld se Facebook-bladsy en volg Beeld op Twitter

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.