Van agter doodgeskiet

2009-09-27 22:13

’n Verslae mnr. Leon Rumsey (54), broer van mev. Isabel Schonken, op die toneel ure nadat sy suster in ’n huisrooftog vermoor is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die 55-jarige mev. Isabel Schonken is die naweek op ’n kleinhoewe oos van Pretoria van agter doodgeskiet terwyl sy vermoedelik in haar huis se gastebadkamer vir haar moordenaars probeer wegkruip het.

Sy is die tweede persoon wat binne 24 uur in ’n gewapende plaasaanval in dié omgewing vermoor is. Nog twee mense is gewond en ernstig beseer in dié aanvalle.

Mnr. Lars Schonken (56), haar man en ’n sakeman, is in die bolyf geskiet in die aanval eergister om 02:00 naby Klipkop.

Mnr. Schonken se skedel en gewrig is ook gebreek toe die rowers hom aangerand en met ’n pistool gekap het. Hy sterk aan in die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof, Pretoria.

Beswaarlik 24 uur vroeër is mnr. Sheun Anderson (18) Vrydag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, ook in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Oomblikke voordat hy geskiet is, moes sy ma, mev. Jeanine Anderson, toekyk hoe haar man, Robert (47), eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oor die tweede voorval het me. Héléne Rumsey (52), suster van mev. Schonken wat ’n klipgooi van die Schonken-egpaar woon, gesê die rowers het ’n elektriese heining wat reg om die kleinhoewe gespan is stukkend geknip. Hulle het deur ’n oop glasdeur by die huis ingekom.

“Hulle het Lars in die slaapkamer oorval,” het Rumsey vertel. “Dit wil voorkom of my sussie in die sitkamer voor die televisie aan die slaap geraak en wakker geskrik het toe hulle Lars skiet.

“Sy is kort daarna deur die hart geskiet.

“Die rowers het probeer om Lars ook deur die hart te skiet, maar dit was gelukkig net ’n vleiswond,” het Rumsey bygevoeg.

Mnr. Schonken het gevolglik sy bewussyn verloor. Toe hy kort daarna bykom, het hy sy pistool uit die kluis gaan haal en een van die rowers geskiet.

Hulle het volgens Rumsey met haar suster se handsak en selfoon en haar swaer se skootrekenaar gevlug.

Mnr. Schonken het sy dogter, mev. Sonja Smit, en haar man gebel. Hulle woon ook op die kleinhoewe. Smit se man, wat nie sy voornaam genoem wil hê nie, het sy bebloede skoonpa in die sitkamer en sy skoonma in die badkamer gekry. “Sy was reeds dood,” het hy gesê.

Hy het sy skoonpa na die hospitaal geneem.

Rumsey het gesê die egpaar se jongste dogter, Alma (17), was nie tydens die voorval tuis nie.

Sers. Monique Vermeulen, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n bloedspoor tot by ’n grondpad naby die kleinhoewe gevolg waar die verdagtes moontlik in ’n voertuig geklim en gevlug het.

Die polisie het dokters en mediese personeel gevra om op die uitkyk te wees vir ’n man met ’n skietwond.

Volgens Rumsey het rowers twee weke gelede by háár huis probeer inbreek, maar die alarm het afgegaan en hulle het gevlug.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.