Vanaand gaan jy dood’

2009-08-27 01:02
Mev. Jessica Lotterie en haar man, Piet

Mev. Jessica Lotterie en haar man, Piet

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rowers het van die oomblik toe hulle ’n Pretoriase man oorval het aan hom gesê: “Vanaand gaan jy doodgaan.”

Hulle het hom geskop en geslaan totdat hy dood is.

“Die laaste keer wat hulle hom geskop het, was net om seker te maak hy is dood en te wys hulle het hul sin gekry,” het mev. Jessica Lotterie (23) gister oor mnr. Wilhelm Lotterie (65), haar skoonpa, se dood gesê.

Rowers het Maandagaand vermoedelik ’n veld oorkant die kleinhoewe in Doornfontein, noord van Pretoria, waar die Lotteries woon, aan die brand gesteek. Dit is skynbaar gedoen om onder meer mnr. Lotterie se seuns, Piet en Neels, uit die huis te lok.

Daarna het vyf rowers mnr. Lotterie sr. vermoedelik terwyl hy op die stoep van sy huis gesit en rook het, oorval.

Toe mev. Lotterie by die sitkamer inloop, het haar skoonpa reeds op ’n matras op die sitkamervloer gelê en was sy hande en voete agter sy rug vasgebind. 

Sy het met haar vier dae oue babaseuntjie, Danté, in haar arms gestaan en toekyk hoe die rowers haar skoonpa skop en slaan.

Hy het vermoedelik versmoor omdat die rowers hom gedwing het om op die vloer te lê. Hy mag weens hartprobleme nie gelê het nie.

“Ek was geskok om my pa só te sien. Aan die een kant het ek hom probeer regop kry, want hy mag nie lê nie. Aan die ander kant wou ek net seker maak dat hulle niks aan my kind doen nie,” het mev. Lotterie gesê.

“Nadat ek die rowers gevra het of hy nie maar regop kan sit nie, het hulle hom gedwing om plat te lê.

“Hulle het vuurwapens gevra. My pa het elke keer gesê daar is nie vuurwapens in die huis nie. Dan het hulle hom net weer geskop en geslaan met wat ook al hulle in hul hande gehad het.

“Hulle het nooit opgehou om hom te skop en te slaan nie. Hulle wou hom doodmaak.”

Terwyl die rowers Lotterie aangerand het, het hulle die huis geplunder en tussendeur koekies geëet en melk gedrink.

Die rowers het die Lotterie-broers ingewag, oorval, vasgebind en onderskeidelik in die badkamer en die stort toegesluit.

Hulle het ook mev. Lotterie en Danté kamer toe geneem, waarna hulle hul buit in mnr. Piet Lotterie se blou Ford Fies-ta (met registrasienommer WHF?052?GP) gelaai en gevlug het.

Mev. Lotterie het deur die kamervenster gesien die rowers ry en is eerste na haar skoonpa toe. Hy was reeds dood.

Terwyl mev. Lotterie en haar man, Piet, met Danté gaan hulp soek het, het mnr. Neels Lotterie sy pa se oë toegemaak.

Mnr. Lotterie sr. sal oormôre omstreeks 10:00 in Machadodorp begrawe word.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.