Verdagte ry met lyk op bakkie

2012-02-03 08:41


Mnr. Fernandez (Frenk) Ubisi (31) was een van die mees gesoekte verdagtes in verband met renosterstropery in die Krugerwildtuin.

Hy is eergisteraand aangekeer nadat inligting oor sy doen en late aan die Valke in Middelburg oorgedra is.

Die polisie het hom by die grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek voorgelê.

’n Doodskis met ’n lyk daarin is agterop die bakkie gekry.

Daar is vasgestel die lyk is dié van mnr. Zacharia Solomone Chichongue (30), ook ’n Mosambieker en ’n vermeende stroper.

Hy is verlede week naby Malalane in ’n skietgeveg naby die plaas van mnr. John Hume, ’n bekende renosterteler, in ’n hinderlaag doodgeskiet.

Sy makker het weggekom en is steeds soek.

’n Polisiebron het gister bevestig dié verdagte is nie Ubisi nie.

Die polisie is sedert Junie 2010 op soek na Ubisi nadat hy met ’n onwettige jaggeweer in die wildtuin betrap is.

Hy is destyds op borgtog vrygelaat, maar het nog nooit weer vir die hofsaak opgedaag nie.

Ubisi was in Desember verlede jaar na bewering weer betrokke by ’n voorval in die wildtuin toe ’n renoster in die Krokodilbrug-omgewing geskiet is.

Hy het die polisie weer ontduik.

Ubisi het blykbaar eergister­oggend by die staatslykhuis opgedaag en Chichongue se lyk opgeëis omdat hy dit terug Mosambiek toe wou neem.

Toe die polisie Ubisi by die grenspos voorkeer, het hulle glo selfs die kis deurgesoek om seker te maak dat versteekte renosterhorings nie saam met die lyk verpak is nie. Die lyk is daarna na die lykshuis teruggeneem.

Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê Ubisi sal Maandag in die hof in Witrivier verskyn.
Verdagte ry met lyk op sy bakkie

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.