Bure keer huisrowers aan

2011-06-14 12:31

Twee verdagtes is Dinsdagoggend ná ’n huisrooftog in Sinoville in die noordevan Pretoria, aangekeer nadat lede van die plaaslike polisiegemeenskapsforum (PGF), die polisie, die metropolisie en die publiek saamgespan het.

’n Polisievliegtuig is ook ingespan om na die verdagtes te soek.

Die drama het omstreeks 1:30 begin toe die twee veredagtes by die huis van mnr. Leon van der Merwe in Kurumanstraat ingebreek en hom en sy vrou, Magriet, in hul slaapkamer oorval het. Hulle is met pistole aangehou.

Mnr. Van der Merwe, wat in ’n stadium met die inbrekers gestoei het, het verskeie houe teen die kop gekry.

Mev. Van der Merwe, ’n lid van die plaaslike GPF, het eers kliphard gegil en toe op haar roepradio hulp ontbied.

Die Van der Merwes se seun, ook Leon, ’n Tukkie-student wat in ’n buitekamer slaap, het sy ma hoor gil, ’n donskombers om sy lyf gedraai en deur ’n ruit geduik om te gaan help.

Die booswigte het ontsnap en ’n buurman, het drie skote op hulle geskiet.

In daardie stadium het talle van die bure en lede van die GPF hulle na die toneel gehaas en na die verdagtes begin soek. Die polisie was ook gou op die toneel.

Die verdagtes is later ’n paar blokke verder teen die Magaliesberg vasgekeer.

Die lede van die GPF en die polisie het toegesien dat hulle nie uit die omgewing ontsnap nie. Teen 8:00 is ’n polisievliegtuig na die gebied gestuur en het lank gesirkel in die omgewing voordat die twee rowers opgemerk en uiteidelik aangekeer is.

Lees Woendag die volle verhaal in Beeld.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.