Verkeersmanne spog glo oor hul boer erg aanrand

2011-10-07 22:10

Mnr. Rikus Ras kort ná die aanranding.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“So lyk ’n wit k**t nadat hy deur ons opgef*k is.”

Dít is glo hoe verkeersmanne van Mpumalanga onder mekaar gespog het nadat hulle ’n 42-jarige boer van Grootvlei na bewering ernstig aangerand het.

Mnr. Rikus Ras se twee kleuters het glo eergister verbouereerd aan die skree gegaan en desperaat aan mekaar vasgeklou terwyl sowat tien verkeersmanne hul pa aangerand het.

Klein Heinrich (2) en Rikus (3) Ras was saam met hul pa van Villiers op pad plaas toe toe die voorval omstreeks 14:00 by ’n T-aansluiting buite Villiers op die grens met Mpumalanga plaasgevind het.

Klagte van aanranding is later deur Ras teen die groep verkeersmanne aanhangig gemaak.

Die verkeersmanne is almal lede van Mpumalanga se sogenaamde “intervensie-eenheid”.

Hulle het Dinsdag vir die eerste keer diens begin doen nadat die eenheid deur mnr. Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit, op die been gebring is.

“Ek was in my lewe nog nie so verneder en bang nie. En dít vir mense wat aangestel is om ons te beskerm,” het Ras gesê.

Volgens Ras het die verkeersmanne by die kruising diens gedoen en hom van die pad gekeer.

“Een het gesê my remlig werk nie en ek het uitgeklim om te kyk,” het Ras gesê.

“Ons het daaroor begin stry toe een my begin rondstamp. Die volgende oomblik het hy my met sy kop in die gesig gestamp.”

Ras het aan die verkeersmanne gesê hy gaan na Villiers ry om die saak by die polisie aan te meld.

“Ek het weggery en ’n paar kilometer verder het vier verkeersmotors my van agter ingejaag en van die pad gedwing.

“Toe breek alle hel los. Een het die ruit probeer stukkend slaan terwyl ’n ander een agterop die bakkie gespring en my deur die agterruitjie gewurg het.”

Een van die verkeersmanne het glo traangas in die kajuit ingespuit.

Twee van Ras se werkers, wat agterop die bakkie gesit het, het die huilende seuntjies deur die agtervenstertjie uitgetrek en met die kinders weggehardloop.

Die verkeersmanne het Ras volgens hom uit die bakkie gesleep, hom gevloek, rassistiese uitlatings gemaak en aangerand.

Hy is geboei en na die polisiekantoor geneem.

Ras is later na die polisie in Grootvlei geneem waar hy vir aanranding, crimen injuria en verontagsaming van ’n verkeersman se opdragte aangekla is.

Hy het ’n klag van aanranding teen die verkeersmanne aanhangig gemaak en is later op eie verantwoordelikheid vrygelaat.

Mnr. Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van veiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig.

Lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het bevestig hulle ondersoek die saak.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.