Vermoor toe hy vrou wou help

2009-11-09 23:53

Durban. ­– Sowat vier maande nadat hy met vervroegde pensioen gegaan het om sy tyd heeltyds aan ’n inheemse kwekery in die KwaZulu-Natalse Middellande te wy, het twee rowers ’n voormalige topamptenaar van die provinsiale regering trompop in die kop geskiet.

Dr. Warwick Dorning (55), wat voor sy aftrede in Julie gehelp het om die strategiese plan van aksie van die nuwe provinsiale regering op te stel, is Saterdag omstreeks 21:00 in sy huis op die plaas Adamshurt naby Howick doodgeskiet toe hy sy vrou, Dawn, te hulp gesnel het.

Die rowers het toegeslaan kort nadat die egpaar ’n stoepdeur by hul slaapkamer oopgemaak het sodat hul hond ’n draai kon loop voordat hulle gaan slaap, het mnr. Peter Miller, voormalige KwaZulu-Natalse LUR vir finansies en jare lange vriend van Dorning, gister gesê.

Dorning was in die kombuis toe hy sy vrou gehoor gil het. “Toe hy die kamer instorm, is hy doodgeskiet,” het Miller gesê.

’n Telefoonoproep van me. Nicola Nielsen, Dorning se suster, enkele minute later het moontlik ’n groter treurspel gekeer.

Nielsen en mnr. Patrick Sinclair, haar lewensmaat, wat naby die Dornings se opstal woon, het die skoot gehoor.

Die rowers, wat met ’n pistool gewapen was, het mev. Dawn Dorning en haar skoonma, mev. Noo Dorning (85), in daardie stadium aangehou en geld geëis.

Die rowers het ná die oproep met twee selfone, ’n beursie en ’n dekodeerder gevlug. Hulle het ’n plasmaskerm-TV uitgehaal toe die foon gelui het.

Nielsen en Sinclair, ’n sjef, bestuur ’n koffiewinkel by die kwekery wat mev. Dawn Dorning op die plaas opgebou het.

Die moord op dr. Dorning is uit alle oorde skerp veroordeel.

Mnr. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling, het die moordenaars “nikswerd aasvoëls” genoem. 

Die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) het gesê daar was die afgelope drie tot vier jaar ’n toename in moorde, aanvalle en eiendomsmisdade op kommersiële plase in die provinsie. Tot September vanjaar was daar vyf moorde en 27 aanvalle op mense op plase vergeleke met ses moorde en 47 aanvalle vir die hele 2008, het mnr. Koos Marais van Kwanalu se veiligheidslessenaar gesê. “Ongelukkig is misdaad lonend.” 

Dr. Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, het gesê dr. Dorning was ’n toegewyde en nederige staatsamptenaar met baie integriteit. Hy was al voor 1994 by die Natalse provinsiale administrasie betrokke.
 

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.