Vermoor vir niks

2010-05-25 23:52

Mev. Rina van Tonder en haar seun Killian kyk na haar man se lyk. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’nPensioentrekker van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is gisteroggend, oomblikke nadat hy by ’n ysterwarewinkel uitgeloop het, doodgeskiet – vir niks.

Nadat hy geskiet is, het mnr. Killian Johannes van Tonder (75) op die randsteen gaan sit, aan ’n bystander gewys waar hy geskiet is en toe gesterf.

Van Tonder se vermeende moordenaars, wat onderskeidelik 16 en 21 jaar oud is, is ’n rukkie later deur gemeenskapslede in ’n buite-toilet ’n paar strate van die Wespark-ysterware-en-pandjieswinkel vasgetrek.

“Dít sal maak dat ek ’n geweer leegmaak waar ek kom,” het mnr. Hennie van Tonder (43) geskree toe hy by die toneel in Innersingel opdaag waar sy pa dood is.

“Dié goed (misdadigers) moet padgee uit ons land uit.”

Van Tonder se moord kom sowat ses weke ná die dood van mnr. Willie Pienaar (24), wat in soortgelyke omstandighede voor die Kwaggasrand-winkelsentrum naby dié toneel in die kop geskiet is.

Gemeenskapslede het ná Pienaar se dood ook op sy vermeende moordenaars afgestorm en drie mans, van wie een glo dood is nadat hy aangerand is, aangekeer.

Mnr. Nick Coetzee, eienaar van die pandjieswinkel, het gister gesê Van Tonder, ’n gereelde kliënt, het kort voor sy dood moere en boute gekoop.

“Ons het nog so lekker gestaan en gesels voordat hy hier uit is,” het Coetzee gesê.

“Ek het gesien hoe staan die twee by hom by die bakkie. Die oom het aanmekaar ‘help’ geskree. Een het sy arm opgelig en hom toe geskiet.

“Ek het uitgehardloop, want ’n mens kan nie net sit en kyk hoe iemand doodgeskiet word nie. Hy het geskree om hulp. Jy kan nie anders as om hom te help nie.”

Coetzee se seun, Martin (18), is na Van Tonder waar hy op die randsteen gesit het.

Van Tonder het Martin gewys waar hy geskiet is, agteroor gaan lê en gesterf.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gister gesê volgens die verdagtes wou hulle Van Tonder nie kaap nie, hulle wou net geld hê.

Die volgende oomblik is Van Tonder geskiet en die verdagtes het met leë hande weggehardloop.

“Die gemeenskap het hulle agternagesit. Hulle het in die buite-toilet van ’n erf in Middelsingel gaan wegkruip waar hulle gekry is,” het Jansen gesê.

“Toe die polisie op die toneel kom, was mense besig om die mans aan te rand.”

Die polisie het die mense en die verdagtes uitmekaar gehaal en die twee in hegtenis geneem.

Die vuurwapen wat hulle glo gebruik het om Van Tonder mee te skiet, is in die toilet gevind.

Terwyl polisielede besig was om die moordtoneel te ondersoek, het Van Tonder se vrou, Rina (69) en sy ander seun, Killian (46), by die toneel opgedaag.

Hulle het mekaar vertroos terwyl hulle na Van Tonder se lyk gekyk het.

Van Tonder laat nog twee seuns, Fanie en Johan, agter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.