Vigs al hoe meer onder ouer mense

2011-11-29 22:58

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, by die uitreiking van die MIV/vigs-verslag vir 2010 in Pretoria. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die skerp styging in die voorkoms van MIV onder mense bo 35 beteken dalk die regering moet met sy bewusmakingsprogramme begin fokus op getroude paartjies.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het gister by die uitreiking van die 2010-MIV/vigsverslag in Pretoria gesê hy is bekommerd oor die toename in dié groep, terwyl die voorkoms bestendig gebly het in jonger groepe.

Die peiling is in Oktober verlede jaar gedoen by 1?424 van die staat se sowat 4?200 voorgeboorteklinieke. 30,2% van die vroue was MIV-positief, teenoor 29,4% die vorige jaar.

Volgens die navorsers kan die effense styging toegeskryf word aan die toename onder ouer vroue, eerder as jonges.

Verlede jaar was 38,4% van swanger vroue tussen 35 en 39 MIV-positief teenoor 35,4% die vorige jaar.

Die voorkoms onder vroue tussen 40 en 49 is op van sowat ’n kwart tot net minder as ’n derde.

Volgens Motsoaledi kan dit wees dat antiretrovirale medisyne (ARM) meer ouer mense langer laat lewe, maar die toename kan ook te doen hê daarmee dat vroue nie kan onderhandel vir kondoomgebruik binne vaste verhoudings nie. Dit word deur sommige mans as ’n teken van losbandigheid of wantroue beskou as ’n vrou daarop aandring.

“Dit ... gaan eintlik nie oor die vroue nie, maar oor die mans. MIV is ’n siekte wat deur mans versprei word en wat vroue laat ly,” het Motsoaledi gesê.

Hy glo die kwessie moet getakel word deur mans te teiken, byvoorbeeld wanneer hulle deelneem aan besnydenisprogramme.

Die verslag het voorts getoon sowat 3% van die 166 wit vroue wat by die klinieke aangemeld het, was MIV-positief, asook 7% van 2 930 bruin vroue, 7% van 144 Asiërs en 32,5% van meer as 28 533 swart vroue.

Meer as ’n derde van mense wat nooit skoolgegaan het nie, was met die virus besmet. Die voorkoms van MIV onder geskeides (39%) en mense wat ’n maat aan die dood afgestaan het (41,7%), was hoër as by enkellopendes (31,2%) en getroudes (25%).

Net gemiddeld 65% van MIV-positiewes het geweet hulle dra die virus.

Volgens Motsoaledi was die effense toename nie statisties beduidend nie, maar is die regering steeds erg bekommerd oor dele van KwaZulu-Natal waar 40% van vroue die virus dra.

Die regering raam 17% tot 17,9% van Suid-Afrikaners tussen 15 en 49 is nou MIV-positief.

Syfers

  • Meer as 4 miljoen Suid-Afrikaners bo 15 en 438 000 onder 15 is na raming MIV-positief
  • Daar word geraam sowat 173 000 volwassenes is in 2010 aan vigs dood
  • Net in 2010 het daar na raming 281 000 volwassenes en 54 000 kinders onder 14 met MIV besmet geraak.




Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Digital Analyst Manager

Cape Town, South Africa
MH Solutions
Market Related

Oracle DBA

Johannesburg, South Africa
Network IT Centurion
R420000 - R600000

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.