‘Vir elke R1-tolgeld spaar motoris R9’

2012-02-21 22:46

Vir elke rand se tolgeld op Gautengse hoofweë gaan die gemiddelde motoris R8,84 se waarde kry.

Dié waarde kom in die vorm van tydbesparing en stresvermindering.

Dít is die bevinding van die ekonoom dr. Roelof Botha ná ’n studie waarvan die resultate gister bekend gemaak is. Dit kom kort voor vandag se begrotingsrede waarin mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, na verwagting meer lig sal werp op hoe die R20 miljard se konstruksiekoste aan die paaie betaal sal word nadat die hef van tol vroeër tydelik opgeskort is weens openbare teenstand.

Botha het padgebruikers in vyf huishoudelike inkomstegroepe verdeel.

Die rykste vyfde, wat gemiddeld R585 183 per jaar verdien, sal 94% van die tolinkomste betaal. As die tweede hoogste kategorie wat gemiddeld R135 000 per jaar verdien, bygetel word, betaal dié twee groepe saam 99% van die tolinkomste, het Botha bevind.

Die rykste vyfde sal volgens Botha saam sowat R1,6 miljard per jaar aan tolgeld betaal en die tweede rykste vyfde R78 miljoen, vergeleke met die drie armer groepe se gesamentlike toluitgawes van R15 miljoen.

Húlle gebruik minder private vervoer omdat hulle dit nie kan bekostig nie en openbare vervoer is vrygestel van tolgeld.

Botha het gesê as padgebruikers net 15% van die tyd wat bespaar word danksy die verbeterde paaie gebruik om inkomste te verdien, sal R2,1 miljard per jaar tot die ekonomie toegevoeg word.

Botha het gesê hy is verbaas die departement van vervoer het so min gedoen om die Gautengse tolpadstelsel se voordele aan motoriste te verduidelik.

“Dit is danksy die tolstelsel dat die Gautengse hoofweë verbeter is,” het Botha gesê. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.