Vlieënier kry erg seer toe heli ver val

2010-09-06 22:13

’n Vlieënier is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal nadat die helikopter waarmee hy gevlieg het, gisteroggend naby Bronkhorstspruit geval het.

Mnr. Henk Badenhorst (32) van Witbank het albei sy bene en van sy ribbe gebreek en van sy rugwerwels is in die slag beseer.

Mnr. Louis Bothma (25), ’n vliegingenieur van Standerton, is ook ná die ongeluk in die Muelmed-hospitaal in Pretoria opgeneem, maar gistermiddag laat ontslaan.

Hy het diep snye aan sy bene opgedoen.

Die ongeluk het gister omstreeks 10:15 tydens ’n toetsvlug net buite Bronkhorstspruit gebeur.

Die helikopter behoort aan Eurocopter.

Volgens mnr. Johan Jordan, eienaar van die maatskappy, het ’n enjinfout die ongeluk veroorsaak.

Jordan het gesê die helikopter het omstreeks 09:30 van ’n private vliegveld in die Wonderboom-omgewing in Pretoria opgestyg.

Bokant Bronkhorstspruit het die helikopter probleme begin ervaar.

“Net buite die dorp, op die Bapsfontein-pad, het die helikopter heeltemal krag verloor en sowat 500 vt. ver geval.

Die helikopter het op sy sy, waar Badenhorst gesit het, geval,” het Jordan bygevoeg.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.