Vlugteling: ‘Grens aan rassisme’

2009-09-02 01:31

Die beslissing om aan ’n wit Suid-Afrikaner vlugtelingstatus in Kanada te gee omdat hy meen hy gaan verdruk word as hy hierheen terugkeer, “grens aan rassisme”.

So het adv. Jacob van Garderen, direkteur van Regslui vir Menseregte (LHR), gister gesê in reaksie op die beslissing om aan mnr. Brandon Huntley (31) vlugtelingstatus toe te ken.

Volgens Van Garderen strook die beslissing nie met internasionale vlugtelingereg nie.

“Dis ’n skokkende uitspraak gegrond op onwaarhede en ernstige wanopvattings dat slegs wit mense deur misdaad geraak word en dat die regering niks doen nie en dit stilswyend goedkeur. Dit is onsin.

“Om in die Kanadese reg (aan vereistes vir vlugtelingstatus) te voldoen moet jy bewys jy word polities vervolg, jou lewe is in die gedrang vanweë jou politieke oortuiging of ras en dat die regering niks kan of wil doen nie. Dis nie die geval nie,” het hy gesê.

Huntley (31) het beweer hy is al sewe keer aangeval en swart aanvallers het hom “wit hond”, “setlaar” en “boer” genoem.

Mnr. William Davis, voorsitter van die tribunaal, het bevind Huntley se vrees vir verdrukking deur swart Suid-Afrikaners is geregverdig. Hy het onder meer in sy beslissing na regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging verwys.

Die beslissing kan egter hersien word.

Hoewel die Kanadese immigrasie-en-vlugtelingeraad nie spesifiek wou kommentaar lewer oor die saak nie omdat dit volgens wetgewing vertroulik is, het hulle gesê die beslissings kan hersien word.

As die Kanadese regering of iemand wat by die saak betrokke is, wil hê die saak moet regterlik hersien word, moet hulle eers magtiging by die land se federale hof kry. Indien hulle magtiging kry, sal die hof oordeel of die saak binne die wet gehanteer is, het mnr. Stéphane Malépart, woordvoerder van die raad, gistermiddag aan Beeld gesê.

Indien die hof bevind die saak is nie binne die wet gehanteer nie, sal dit na die vlugtelingebeskerming-afdeling van die raad terugverwys word.

’n Nuwe raadslid moet dan die saak hersien, het hy gesê.

Huntley het nie gister op e-pos en Facebook-navrae gereageer nie. Mnr. Russell Kaplan, sy regsverteenwoordiger, kon ook nie bereik word nie.

Huntley het wel vroeër op Facebook gesê mense moet die berig oor sy vlugtelingstatus in die Ottawa Sun lees.

“Kyk uit ek’s nou ’n bekende. LOL.” (Dit beteken “lag hard”).

Ene Belinda Burger Morris het op Huntley se Facebook-muur geskryf: “Baie trots op jou om die ander kant van die storie te vertel. Hopelik maak dit mense se oë oop.”

Huntley is deel van Facebook-groepe soos ­“Player 23’s behind our Boks”, “South African braai network” en ­“Canadian South Africans”.

- Beeld

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.