‘Vreeslose bokser en vreesloos lief vir lewe’

2009-11-13 22:30

Kol. Piet Swemmer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy was ’n vreeslose bokser, ’n vegvlieënier en as jongman lief daarvoor om vuiste te swaai in die Dunnottar Hotel.

“Vreesloos lief vir die lewe,” is hoe van sy kamerade en kennisse gister die “Silver Fox”, oftewel die afgetrede kolonel Piet Swemmer, bestempel het.

“Sy Mustang se motor het in die Koreaanse Oorlog met opstyging uitgesny. Piet het tussen ’n klomp napalm-bomme ingeploeg.

“Dié goed is natuurlik hoogs vlambaar. Hy het uit die vliegtuig geklim en gesit en wag vir die nooddiens.

“Toe die ouens by hom kom, toe sit en rook hy lustig ’n sigaret terwyl die flenters napalm rondom hom lê – alles kon enige oomblik in vlamme opgegaan het!” vertel lt.genl. Jan van Loggerenberg, voormalige lugmaghoof.

Swemmer het in die Tweede Wêreldoorlog, sowel as in die Koreaanse Oorlog in die vroeë vyftigerjare, gevlieg.

Die Mustang F-51 was sy guns­telingvliegtuig. Saam met sy makkers van 2 Eskader – die Vlieënde Cheetahs – het hy ’n kardinale komponent gevorm om Suid-Korea teen ’n aanslag deur Noord-Korea te sterk.

Swemmer was ’n bokser in sy jongjare en het jare daarna steeds nie geskroom om soms die vuiste in te lê wanneer hy sy humeur verloor het nie.

Hy was die bevelvoerder van 40 Eskader by Dunnottar aan die Oos-Rand toe die lugmag nog sy vliegskool van daar af bedryf het.

“Ons was angsbevange as studentevlieëniers as hy die dag jou instrukteur was, want hy was ongelooflik streng,” het mnr.
Arrie de Klerk, oud-lugmag- en -lugdiensvlieënier, vertel.

Hy het terselfdertyd streng by lugmagreëls gehou, vertel Van Loggerenberg.

“Hy en sy vrou, Gwen (wat etlike jare gelede aan kanker dood is), het altyd verskriklik gestry oor die reël dat ’n offisier in uniform nie pakkies mag dra nie.

“Piet het dié reël nié gebuig nie, wat tot sy vrou se frustrasie gereeld daarvoor gesorg het dat sy gelaai met die inkopies moes loop terwyl hy netjies in sy uniform langs haar loop.”

Swemmer was in die vyftigerjare die persoonlike offisier van dr. E.G. Jansen, voormalige goewerneur-generaal van Suid-Afrika. “Hy was fanaties oor sy gesondheid en fiksheid.

“Hy het destyds gereeld gevas – om van allerlei gifstowwe ontslae te raak. Dán was hy gewoonlik so befoeterd dat niemand dit naby hom gewaag het nie.
 
En hy het steeds gereeld sy tien tot 20 lengtes in Hillcrest (Hatfield) se swembad geswem,” het Van Loggerenberg vertel.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.