Ontvoerde baba gevind

2012-02-07 12:00

Kgosientsile Marobe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die baba wat glo in Pretoria ontvoer en 'n losprys voor geëis is, is Dinsdagoggend by 'n kleuterskool in Johannesburg gevind.

Beeld verneem die ses maande oue Kgosientsile Marobe is reeds met sy ma verenig.

Eyewitness News berig dat die vermeende ontvoerder 'n telefoonommer gestuur het wat sy ma kon bel. Dit het hulle na 'n kleuterskool in Hillbrow gelei waar die seuntjie glo afgelaai is.

Die vermeende ontvoerder is na wat berig word nog nie vasgetrek nie.

Lees later meer.

Beeld berig Dinsdagoggend die baba is gister glo deur sy oppasser ontvoer wat toe ’n losprys van R45 000 van die kind se ma geëis het.

Terwyl die polisie gister naarstig op soek was na me. Linete Moyo, die Zimbabwiese oppasser van Kgosientsile, het me. Mita Marobe (33), sy ma, gepleit dat Moyo die baba aan haar moet terugbesorg.

Marobe, ’n verpleegster wat in Hesteapark, in die noorde van Pretoria, bly, het emosioneel vertel hoe sy 06:10 alleen wakker geword het in die kamer waar sy, haar seun en Moyo altyd slaap.

Sy kon hulle nêrens in die huis kry nie en albei die huissleutels was ook weg.

Marobe, haar suster (wat nie haar naam wou verstrek nie) en dié se kinders wat saam in die huis woon, was almal in die huis toegesluit.

Die opsigter van die kompleks het later vir hulle oopgesluit.

Moyo is glo met Marobe se enigste kind, maar ook haar handsak, beursie, selfoon en meer as R5 000 vort.

Marobe het gesê haar suster het later ’n SMS van Moyo gekry wat sê sy moet haar R45 000 gee as sy weer haar baba wil sien.

Sy wou ook haar bankkaarte se PIN’s hê.

“Ek is gebroke. Ek gee nie om nie, sy kan álles kry. Sy kan die goed hou wat sy gevat het – ek wil net my kind terughê.

Sy moet hom asseblief nie seermaak nie, hy is al wat ek het,” het Marobe gister gesê terwyl sy die trane van haar wange vee.

Marobe het Moyo se dienste deur ’n agentskap bekom. Dié vrou het vier maande by haar gewerk.

Marobe het gesê ’n man van die werkverskaffingsagentskap was gister saam met haar en haar suster by die Akasia-polisiekantoor om verklarings af te lê.

“Ons het haar hanteer soos ’n deel van die familie. Sy is saam met ons na my ouers in Brits (Noordwes) toe, hoe kon sy dit doen?” wou Marobe weet.

Mnr. Jacob Gavau (36), Kgosien-tsile se pa, het gesê hy het gisteroggend vroeg ’n histeriese oproep gekry van Marobe wat sê hul seun is weg.

Hy woon in die Pretoriase middestad en het gesê hy het nie vir Moyo geken nie.

“Bring net my baba terug. Wat ook al jy (Moyo) gevat het, kan jy hou, maar my baba is belangrik vir my,” het Gavau gesê.


Me. Mita Marobe (33) vertel gister hoe haar Zimbabwiese kinderoppasser vermoedelik Kgosientsile Marobe, haar en mnr. Jacob Gavau (36, agter) se ses maande oue seun, ontvoer en toe ’n losprys van R45 000 geëis het. Foto’s: Theana Breugem

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.