Vrou skiet rower dood

2010-10-31 22:19

Dit was soos die “Wilde Weste” toe ’n vrou en ’n boef op mekaar geskiet het tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe in Boschkop, in die ooste van Pretoria.

Mev. Madi Ditmars (50) is in dié voorval Vrydagaand een keer in die skouer getref en die aanvaller se lyk is sowat 300 m van haar huis gevind.

“Dié was nie ’n rasverwante voorval nie. Dit was roof,” het haar man, mnr. Jan Ditmars (59), gister gesê.

Mnr. Ditmars was voor 1994 deel van die anti-apartheidsbeweging en het van Nederland na Suid-Afrika geïmmigreer omdat hy gemeen het hy kan ’n bydrae tot die land lewer.

Hy en sy vrou het ook met die 1994-verkiesing gehelp.

“Op ’n manier is die roof geregverdig weens armoede en die baie ongelykhede in die land. Dit is maar net van die redes vir die misdaad in Suid-Afrika, dink ek.

“Maar dit is nie heeltemal geregverdig om in iemand se huis in te loop en net te begin skiet nie,” het hy gesê.

Die egpaar was Vrydag omstreeks 19:15 in hul leefkamer, wat ook ’n kantoor is.

Mev. Ditmars het uitgegaan na die binnehof. Sy het die alarm gaan stel sodat dit by die buitedeure geaktiveer is en nie in die huis nie.

Volgens haar man moes die boewe hulle dopgehou het.

Terwyl mev. Ditmars met die alarm doenig was, het vier haar oorval en die huis ingeneem.

Mnr. Ditmars, wat op sy rekenaar gewerk het, het stemme gehoor. Hy het in die binnehof se rigting beweeg toe die rowers en sy vrou instap.

“Ek het met die een rower begin stoei om hulle aandag af te trek sodat my vrou haar vuurwapen kon kry.

“Sy het aan die een met die vuurwapen gesê sy wonder of sy vuurwapen gelaai is. Hy het toe ’n skoot in die plafon afgevuur.

“My vrou het hom toe geskiet. Baie kere. Hy het teruggeskiet en probeer om haar vuurwapen af te neem. Dit was soos die Wilde Weste,” het hy gesê.

“Ek weet nie wanneer nie, maar my vrou is in die proses raak geskiet.”

Die aanvallers het gevlug sonder om iets te buit.

Mnr. Ditmars het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum gebel. Dié het die nooddienste en die polisie gebel.

Sy vrou is in ’n stabiele toestand in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Die polisie het ’n aanvaller se lyk sowat 300 m van die huis gevind.

“Ons is nie trots daarop dat iemand dood is nie. Baie sal sê dit is goed dat die man doodgeskiet is, maar dit is nie ons gevoel of bedoeling nie. Ons berou dit dat iemand dood moes gaan,” het mnr. Ditmars gesê.

Volg Beeld op Twitter. Klik hier

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.