‘Vroue in broeke is onwelkom’
2010-09-07 22:08
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Durban. – Vroue in langbroeke sal tydens die rietdans onwelkom wees in koning Goodwill Zwelithini se paleis.
“Ons stel voor hulle dra iets soos ’n kanga (sarong),” het mnr. Vukani Mbhele, woordvoerder van me. Weziwe Thusi, LUR vir kuns, kultuur en sport, gesê.
Derduisende vroue sal die naweek aan die jaarlikse rietdans deelneem.
Dit is oorspronklik deur koning Shaka ingestel om respek vir vroue en maagdelikheid te bevorder.
Die feestelikheid word by Zwelithini se paleis in eNyokeni in die noorde van KwaZulu-Natal gehou.