Vuil swembad eis 10-jarige

2012-01-25 21:44

Mnr. Piet Mashaba by die verlate openbare swembad in Delareyville waar ’n tienjarige seun verdrink het. Foto: Susan Cilliers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Delareyville. – ’n Tienjarige seun het in die troebel water van die onbewaakte openbare swembad hier verdrink.

Lebogang Mokhatsane, sy sussie en nefie het eergistermiddag deur ’n gat in die heining tot by die verlate, vervalle swembad gekom.

Mnr. Chris Olivier, ’n lid van die rolbalklub langs die swembad, het gister vertel twee kinders van omtrent vier jaar oud het eergistermiddag laat by die klub aangehardloop gekom en “metsi” (water in Tswana) geskree.

“Ek het die tuinier gevra om te tolk.”

Volgens die tuinier, mnr. Piet Mashaba, het die twee gesê hul boetie het gegly en in die water geval.

Mashaba en Olivier is saam na die swembad. Daar het ’n hopie klere langs die swembad gelê, maar Lebogang was skoonveld. Die mans het borrels op die oppervlak gesien.

Olivier het die polisie gebel. “Nie een van die polisielede wat opgedaag het, kan swem nie. Ek dink hulle het toe die brandweer ontbied, maar ek was so ontsteld dat ek gegaan het.”

Die seun se lyk is later uit die vuil poel vol drywende plastiekbottels gehaal. Die water is so groen dat dit onmoontlik is om diepte te skat en die kinders het vermoedelik gedink die poel is vlak.

Me. Carín Visser, raadslid in die Tswaing-gebied, wat onder meer Delareyville bedien, het gesê die gemeenskap het al in Oktober verlede jaar ’n vergadering met die munisipaliteit gevra omdat hulle bekommerd is oor veiligheid by die ongebruikte swembad.

“Nie die speaker of burgemeester het opgedaag nie, net die (destydse) munisipale bestuurder.

’n Vrou het aangebied om die swembad gratis op te knap en op ’n langtermynkontrak-grondslag vir die munisipaliteit te bedryf, maar die munisipaliteit het nie op haar voorstel gereageer nie.”

Die swembad is boonop verlede jaar vol getap om water te voorsien vir die bou van ’n skool in die omgewing, het Visser gesê.

’n Gat is in die swembad se omheining gemaak sodat voertuie kon inkom om water te tap. Dié gat was eergister Lebogang se poort na die dood.

Die huidige munisipale bestuurder, mnr. Shadrack More, het met Beeld se navraag gister vir die eerste keer van die verdrinking gehoor.

“Ek sal die saak ondersoek,” het hy gesê.

’n Geregtelike ondersoek is aan die gang, het kapt. Aafje Botma van die polisie gesê.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Development Consultant

Cape Town, South Africa
Telesure Group Services (Pty) Ltd
R8000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.