WB-geld kon 900 huise bou, 372 onnies aanstel

2010-06-29 22:34

Kaapstad. – Die regering kon minstens 900 nuwe huise gebou of 372 ekstra onderwysers in diens geneem het met die miljoene rande wat staatsdepartemente aan sokkerkaartjies bestee het.

PetroSA is die jongste toevoeging tot die lys van staatsinstellings en -departemente wat wedstrydkaartjies vir WB 2010 met belastingbetalers se geld gekoop het.

Dié uitgawe beloop tot dusver R48 miljoen, maar die volle omvang daarvan sal waarskynlik eers onthul word wanneer die ouditeur-generaal (OG) sy ouditverslae bekend maak.

Dit kos ongeveer R54 000 om een Hop-huis op te rig en ’n onderwyser se jaarlikse salaris beloop sowat R129 000.

Me. Kershia Singh, tesourie-woordvoerder, het gister gesê dit berus by die OG om die besteding as onregmatig en nutteloos te verklaar.

Mnr. Themba Godi, voorsitter van die waghond-komitee Skoor, het reeds te kenne gegee hy sal sorg dat ministers en departementshoofde wat die besteding goedgekeur het, tot verantwoording geroep word.

Lewer kommentaar op dié storie


Johan 6/30/2010 8:22:37 AM
Wat 'n nonsens berig. Moet almal van ons nou in sak en as gaan sit net omdat daar armes in ons land is? Die geld wat dit my kos om 'n week lank te gaan vakansie hou kan my vir twee maande van kos voorsien. Maar raai wat? Dis lekker om te gaan vakansie hou.
Lynne 6/30/2010 8:25:20 AM
Hou tog asb op kerm oor die WB2010 dit is great!!!!!!!!!!
pieter 6/30/2010 8:26:57 AM
Daar sal weer niks van kom nie . waar gaan hulle in elk geval die onderwysers wat voldoen aan die "BEE" vereistes in die hande kry? Die malemas van die land sou in elk geval die huise uit sand en stene gebou het nadat nepotisme geseevier het. Die belasting betaler sou in elkgeval betaal het. Hoera vir "Herdistibusie"????
Gerhardt Maritz 6/30/2010 8:37:05 AM
Jaaa dis waar maar dan sou die 'politically connected' nie soveel geld gemaak het nie.
laetitial 6/30/2010 9:08:23 AM
Ag, het hulle die huise gebou dan het almal iets te se gehad, het hulle onderwysers aangestel het almal iets te se gehad, nou het ons die wereld b gehou en raai wat..... almal het iets te se gehad.
Barry 6/30/2010 9:10:16 AM
Bla, bla bla. Ja, en met die geld wat stadions gebou is kon hulle 234 000 plus huisies gebou het. Gaan werk daardie een bietjie uit. So what!!!! Die sokker was lekker, kom ons kyk of die regering hierna met dieselfde spoed huise gaan voorsien en misdaad so effektief gaan beheer?
Realis 6/30/2010 9:14:11 AM
@Lynne - volgens die stemmery in 1990 was alles ook "great" volgens julle mense. Die einde is nog steeds nie in sig vir die ekonomiese inpak wat jou "great wb2010" gaan hê nie. Onthou net een ding!... GEEN WB2010 kan as n SUKSES afgemaak word as daar nie eers n BEGROTING was of daarby GEHOU is nie. Enigste ding wat GREAT was-was die GREAT OPEN-Cheque BEGROTING!!
? ? ? 6/30/2010 9:20:42 AM
Hoeveel werk het die WB in die afgelope 8 jaar nie verskaf mie. Daardie mense kon dan hulle eie huise bou. Ek stem saam hou op kerm
Kalin 6/30/2010 9:27:04 AM
ag en wie dink daaraan? die ANC is te trots op die WB - wat volgens hulle 'n reuses sukses is el solank hulle net kan sokkerspeel en die 'image' hoog hou het hulle nie 'n saak met die res van SA wat na die tyd finansieel aan die juk gaan dra nie! Die probleem was nie die WB as sulks nie maar die feit dat hulle ge-OVERSPEND het!
Dr M. Digovich 6/30/2010 9:40:28 AM
Noem my ongevoelig,maar hoekom moet die media die wortel altyd voor ons neuse swaai van die huise,en armoede etc,en dan net om oormôre as die huise wel klaar gebou is, ons in te lig die huise word aan buitelanders verkoop?En hoekom moet daar onderwysers opgelei word as jy hoor hulle staan dronk voor die klas en daar is duisende wat werksloos is?Is die antwoord dan nie eerder daarin om die wat nie werk het eers in diens te stel,en terselfdertyd die ou inspekteursstelsel terug te bring nie?Wat huise betref,dink ek elke provinsie moet gaan koukus en kyk waar lê die probleem met behuising.Hoekom is dit dat hoe meer huise gebou word,hoe meer vereis die plakkershutte? Myns insiens word die behuisingsstelsels 'n geldmaakskema a.g.v. onderverhuring.Ek stel voor dat SA eerder moet belê in maatskappye, veral in die vervaardigingssektor.Gaan bou hierdie fabrieke in die Oos-Kaap,Noord-Kaap en Wes-Kaapse platteland sodat die gebiede 'n hupstoot kan kry.Nie alles hoef naby stede te wees.Knap die spoorwegstelsels op.En sodra daar werk voorsien is,begin dan ontwikkelingsprojekte vir behuising.Om huise eenvoudig los en vas te bou in jou groot stede is 'n tydbom,want WAAR OP AARDE gaan almal werk kry in 'n stad bv soos Kaapstad wat alreeds uit sy nate bars? Nee wat,ek het die sokker geniet,geniet dit nog steeds en voel nie skuldig nie,want die bloostelling wat ons land kry in die buiteland laat selfs die grootste kritici aan hul koffie stik.My familie en vriende oorsee,en ek was intussen ook 'n paar keer oorsee vir werk, dan sien mens die waardering en belangstelling vir Afrika en ons land.Tans is Afrika se ekonomie die beste om in te belê.Ek glo ons land het hierdie skouspel nodig gehad.Ek glo Mandela het so iets verdien voor hy sy oê eendag sluit,en ek glo vir die armes het die wêreldbeker ook iets beteken.Dit het hulle 'n menswaardigheid teruggebring,dit het hulle en almal van ons 'n geleentheid te wys,ons is nie die barbare wat almal dink nie.Kyk maar na koerantopskrifte in Europese koerante hoe vol lof is almal oor die vreedsame skares in die stadions.Iets wat Europa nie meer ken a.g.v. hooliganisme.Kyk maar hoe elke sokkerwedstryd daar in 'n oorlog opeindig.In 2006 kon selfs Blatter dit nie eens op die veld waag in Duitsland en moes agter bomvaste glas skuil.En dit spreeks alreeds boekdele vir wat ons bereik het.
Sarel 6/30/2010 9:50:27 AM
Who cares ek verwag nie n free huis nie en my kinder hoef nie na staat skole toe te gaan nie , Ek voel n veer
uh huh 6/30/2010 10:44:09 AM
Julle weet dat julle eintlik betaal het vir hierdie lekker sokker ondervinding ne? Die belastingbetaler het die miljoene opgedok sodat al hierdie mensies die wereldbeker kon geniet. Persoonlik het ek nie R1500 vir 'n wedstryd nie maar tog dek my belasting (wat veronderstel is om vir my skoon water, veiligheid ag en al daai ou basiese goedjies te voorsien) dat hulle met hulle vet alies kan heen en weer gevlieg word vir 'n lekker world cup...so ja, dit was lekker vir hulle en dit het hulle nie 'n sent uit hulle eie sakke gekos nie. So die wat se hou op moan...ek hoop nie julle het al OOIT gek** en gekerm oor die polisie wat nie up to scratch is nie en oor die onveilige situasie in die land en die swak munisipale dienste nie want julle het mos 'n heerlike SWC gehad!
@Sarel 6/30/2010 2:48:10 PM
Hopelik gaan jou "kiner" na 'n skool waar hulle ordentlike afrikaans en spelling leer want hulle gaan dit nie by hulle commin pappa leer nie!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...