Waai ná 10j. by polisie en nié Polmed?

2009-11-17 22:39

Polmed, die Suid-Afrikaanse Polisiediens se mediese fonds, het gister in die hooggeregshof in Pretoria ’n gevoelige bloutjie geloop wat honderde oudpolisielede breed laat glimlag.

Regter Charl-Pierre Rabie het beslis alle polisiebeamptes wat uit die diens bedank het nadat hulle tien jaar of meer diens gedoen het, is daarop geregtig om lede van Polmed te bly en die fonds is verplig om sulke voormalige polisiebeamptes se bydrae tot Polmed te subsidieer.

Die bevel is terugwerkend tot 1 Maart vanjaar. Dit bring mee dat Polmed alle oudlede wat hy uitgeskop het se mediese eise van dan af sal moet betaal. Dit kan honderdduisende rande beloop.

Daarbenewens is oudlede wat besluit het om as Polmed-lede aan te bly, maar op Polmed se voorwaarde dat hulle geen subsidie sal ontvang nie, nou geregtig op terugbetaling van Polmed se subsidie tot 1 Maart vanjaar.

Omdat Polmed groot subsidies betaal, gaan dit ook meebring dat Polmed honderdduisende rande sal moet opdok.

Polmed het polisiebeamptes wat ná tien jaar diens bedank het, einde verlede jaar in kennis gestel dat hul lidmaatskap van Polmed óf beëindig word, óf dat sulke mense moet aandui dat hulle lede van Polmed wil bly – maar dat hulle dan self die volle maandelikse bydrae sal moet betaal. Dié reëling het op 1 Maart in werking getree.

Mnr. Johan Kruger van Solidariteit, wat die stryd gevoer het namens oudpolisiebeamptes wat Solidariteit-lede is, het gister gesê in die geval van ’n gesin bestaande uit ’n egpaar met twee kinders sou die maandelikse bydrae tot Polmed sedert Maart (toe Polmed geëis het dat hulle volle premies betaal) sowat R2 600 beloop.

Voor Maart sou die betrokke oudpolisielid se bydrae net R600 beloop het en Polmed se subsidie R2 000. Die gevolg van Rabie se uitspraak is dat Polmed nou nege maande se Polmed-bydraes van R2?000 per maand aan sulke mense sal moet terugbetaal.

Lede wat nie die volle bydrae aan Polmed kon bekostig nie, is gedwing om die staat se goedkoop mediese dienste te gebruik.

Rabie het gesê sy bevel sal geld totdat uitspraak gelewer is in die oudpolisiebeamptes se formele hofgeding teen Polmed oor hul lidmaatskap. Dié geding moet binne 30 dae ingestel word, het Rabie beveel. 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.