Wag by vulstasie geskiet

2010-08-23 22:14

’n Veiligheidswag en pa van ’n twee maande oue baba is gister koelbloedig voor die deur van ’n vulstasie naby Pelindaba, wes van Pretoria, doodgeskiet.

Mnr. Arrie Nel (29) van Rens-sekuriteit is glo eers in die bors geskiet.

Nadat hy geval het, het die rower hom in die kop geskiet. Hy is minstens drie keer geskiet.

Me. Chrissie Blackaller, eienaar van die Sasol-vulstasie waar Nel doodgeskiet is, het gesê die voorval het aaklige herinneringe vir haar teruggebring van haar seun, Walter (23), wat in Desember 2005 ook tydens ’n rooftog hier voor sy vrou, Yvonne, en suster, Jeanine, doodgeskiet is.

Die vulstasie is by die T-aansluiting van die Kerkstraat-verlenging wat van Pretoria na Hartbeespoort loop.

Die ander pad by die T-aansluiting loop na Pelindaba en dan Broederstroom.

Volgens Blackaller is Nel se moord op kringtelevisie opgeneem. Dit het omstreeks 09:00 gebeur.

“Die een man was al in die winkel toe Arrie ingekom het,” het Blackaller gesê.

“Die man het ’n koeldrank en koekies gekoop, betaal en sy kleingeld gekry, maar nie geloop nie.

“Arrie was agter die toonbank besig om die naweek se geld in sakke te sit. Dit lyk die hele tyd of Arrie die ou by die toonbank dopgehou het.

“Toe Arrie om die toonbank na buite loop, het die man ’n vuurwapen uitgehaal. Hy het agter Arrie aangegaan.

Arrie was nog op die sypaadjie toe skiet hy hom. Toe Arrie val, toe skiet hy hom weer. Hy het ook in die lug op geskiet.

“Die man het die geldhouer gegryp, in die wegkommotor geklim en weggery. Sy koeldrank en koekies staan nog op die toonbank.”

Me. Hester Buys, winkelbestuurder, was in die kantoor besig toe sy vier skote gehoor het.

Sy het uitgehardloop en Nel gekry waar hy voor die deur langs die geldwa lê.

Buys het handdoeke gaan haal waarmee sy “die gaatjies waar hy geskiet is, toegedruk het”.

Volgens Buys het Nel kort voordat ER24 op die toneel gekom het ’n harde skree “soos ’n gil wat jy gee as jy seer het” gegee.

Paramedici het vergeefs gespook om Nel se lewe te red.

“Die bliksems,” het Buys gesê.

“Wat moet ’n mens doen? Hulle kom skiet ’n mens by die werk dood. Ons verdien dit mos nie.

“Ons het Arrie elke Maandag, Woensdag en Vrydag, soms ’n Saterdag ook gesien.”

Nel se kollegas het sy bloed voor die deur van die Sasol-vulstasie gistermiddag skoongemaak.

Mnr. Christo van Rensburg, eienaar van Rens-sekuriteit, het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van Nel se moordenaar.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.