'Dit was rasmoord'

2010-12-06 21:58

Lindley. – Die moord op Willemientjie Potgieter en haar gesin was ras- gemotiveerd, het dr. Pieter Mulder gister buite die hof gesê.

’n Groot skare mense het buite die landdroshof saamgedrom, sommige met ’n plakkaat in die hand, nadat hulle “om veiligheidsredes” nie toegelaat is om die klein hofterrein binne te gaan nie.

Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye en VF+-leier, het gesê die mense is daar om hul “misnoeë te wys en solidariteit met die slagoffers te betoon”.

“ ’n Mens het nie woorde om die woede en frustrasie van wat hier gebeur het, te beskryf nie.

“Ek het self ’n tweejarige kleinkind.

“Hoekom? ’n Mens soek na ’n rede. Daar was tot dusver nog geen veroordeling van die ANC nie. Wat as dit andersom (wit op swart) was? Die moord is beslis rasgemotiveerd.”

Mulder het ook gesê dat “die liedjies wat die ANC sing ’n klimaat (vir rassemisdaad) skep”.

“Besef hulle nie Woorde het betekenis?”

Willemien Potgieter (2) en haar ouers, Attie (40) en Wilna (36), is Woensdag op hul plaas vermoor.

Vyf van hul vermeende moordenaars het gister in die hof verskyn: mnre. Tshololo Tello Mischach Letala (18), Tapa Mopontola Mofokeng (23), Paulus Samson Vusimuzi Khumalo (22), Telleko Sex Seekoei (19) en Stemmer Boy Mofokeng (22).

Khumalo en die twee Mofo­kengs was plaaswerkers op Tweefontein.

Al vyf het gesê hulle gaan om borgtog aansoek doen.

Hulle sal weer Maandag in die hof verskyn.

Die sesde verdagte, ’n 17-jarige wat na bewering vir die teregstellingskoot op Willemientjie verantwoordelik was, gaan as minderjarige in ’n latere stadium verskyn.

Die vyf het op drie aanklagte van moord, een van gewapende roof met verswarende omstandighede en twee van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn.

Buite die hof was die gemoedere gaande.

’n Vrou het ná die vermeende moordenaars se verskyning agter die polisievangwaens aangehardloop en geskree: “F*k julle, f*k julle...!”

Mnr. Steyn van Ronge, AWB-leier, nasionale lede van Afri­Forum-Jeug en plaaslike lede van die ANC-vroueliga was van die politieke figure wat teenwoordig was.

Vicus Bürger berig Vrystaat Landbou (VL) se visepresident, mnr. Dan Kriek, het gesê hy is daar in solidariteit met die gemeenskap en om simpatie met die Potgieters se familielede te betoon.

“Ons wou ook wys dat ons die regsproses ondersteun.”

Kriek het gesê hy was verheug om te sien hoeveel lede van die ANC-vroueliga by die hof was.

“Hulle verteenwoordig die ma’s van baie van ons kinders in Suid-Afrika.”

Volgens hom is dit belangrik dat mense wegbeweeg van die rassedebat.

“Misdade soos dié moet deur almal skerp veroordeel word. Dit maak nie saak wie die daad pleeg of teen wie dit gepleeg word nie.”


Vyf van die ses vermeende moordenaars van die Potgieters van Lindley is van links mnre. Tshololo Tello Mischach Letala (18), Tapa Mopontola Mofokeng (23), Paulus Samson Vusimuzi Khumalo (22), Telleko Sex Seekoei (19) en Stemmer Boy Mofokeng (22). Die sesde verdagte is minderjarig en het nog nie verskyn nie. (Foto: Jana van der Merwe)
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
523 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.