‘Wit man, ek’t jou huis gevat’

2010-06-06 21:51

Me. Loraine Steyn en mnr. Sven Bergman vertel hoe hy twee huisbrekers vasgetrek het wat by hul huis “ingetrek” het.Foto: Craig Nieuwenhuizen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Inbrekers het op hul bed gesit, in haar negejarige dogter se bed geslaap en bier gedrink, gestort en selfs die goed in hul huis na hartelus rondgeskuif.

“Hulle was nie hier om te steel nie. Hulle het ingetrek,” het me. Loraine Steyn (37) gister gesê nadat haar lewensmaat Vrydagaand twee misdadigers in hul huis in Lynnwood, Pretoria, vasgetrek het.

“Die een het selfs vir Sven (Bergman) gesê: ‘Wit man, ek het jou huis gevat, jy moet uit’.”

Steyn het kort voor 17:00 by die huis gekom en gesien ’n oortreksel van ’n motorstoeltjie, wat veronderstel is om in ’n laai in die speelkamer te wees, lê in die oprit.

Die agterdeur was ook op ’n skrefie oop.

Sy het gery en om die draai van hul huis op Bergman gewag.

Hulle is saam na die huis, waarna Bergman om en deur die huis gestap het. Hy het niemand daarbinne gesien nie.

Die polisie het opgedaag, maar kort daarna weer gery.

Minder as ’n uur later het Bergman Steyn en haar twee dogters, Onica (9) en Kyla-Lee (5), afgesien omdat hulle die aand by haar ouers sou deurbring.

Terwyl hulle daarmee besig was, het hulle gesien hoe ’n man met Steyn se fiets oor sy skouer oor hul agterhek klim.

“Ek het vir hom geskree wie de donner dink hy is hy,” het Bergman gesê.

“Hy het my geïgnoreer asof ek nie bestaan nie.”

Die man het onderdeur die agterdeur, wat hy vroeër vermoedelik afgeskop het, geklim.

Bergman het voor om die huis gehardloop en hom gevang voordat hy by die trappe kon opstap. Toe sien Bergman die man dra sy tekkies.

Ondanks vrae oor wat hy doen, het hy aanhou loop.

Bergman het teruggehardloop na die agterhek, waar hy vroeër nog ’n man opgemerk het.

“Omdat ek geweet het die een is in my huis, het ek hom gelos en die ander een gaan haal,” het Bergman gesê.

“Ek het hom gevra wie hulle is en wat die ou in my huis soek.

“Die een met die fiets het toe met ’n stok uitgestap gekom en gesê hy gaan my huis vat.”

Bergman kon dit regkry om die twee in die huis te kry, terwyl Steyn die polisie gebel het.

Sowat tien minute later het die polisie daar opgedaag en die twee mans in hegtenis geneem.

Ná verdere ondersoek saam met die polisie het hulle agtergekom die mans het in hul beddens geslaap, bier gedrink terwyl hulle in Onica se bed gelê het, gestort, brood met botter geëet, goed in die huis rondgeskuif en vlae opgehang wat Bergman bymekaargemaak het.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê die twee mans is onderskeidelik 23 en 27 jaar oud.

’n Saak van huisbraak word ondersoek.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
92 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.