Wittes in hofstryd oor poste in polisie

2010-10-29 21:32

Poste in die polisie word eerder vakant gehou as om wit mans daarin aan te stel.

So nie word die poste eerder gevul met kandidate wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie, het mnr. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeids­hof-­afdeling, gesê.

Solidariteit ondersteun tans drie sake in die arbeidshof van polisiemanne wat weens “streng geslags- en rassekwotas” nie bevorder word nie.

“In al drie die gevalle was hulle die mees verkose kandidate vir die poste. Dit is ouens wat die werk behoorlik sal kan doen, maar elke keer is iemand aangestel wat nie aan die vereistes voldoen nie,” het Groenewald gesê.

“Dienslewering word op die ou end ingeboet.”

Een van dié mense is ’n luitenant-kolonel wat sedert 1988 in die polisie is. Hy het aansoek om ’n kolonelsbestuurspos gedoen.

“Hy is later in kennis gestel dat die pos nie gevul is nie weens die gebrek aan verteenwoordiging van vroue,” het Groenewald gesê.

“Die polisie het aangedui dat hy wel die mees geskikte aanstelling sou wees vir die pos.”

Nóg ’n luitenant-kolonel, wat sedert 1982 in die polisie is, het 12 jaar lank in ’n pos waargeneem. Dié pos is opgegradeer na ’n hoër rang. Hy het twee keer om die pos aansoek gedoen en is albei kere as die beste kandidaat aangewys.

Tog is ’n ander kandidaat wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie aangestel.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê geslag speel ’n rol in die vul van poste omdat die wet dit vereis.
Naidoo het gesê 13 bestuursposte in die polisie is tans vakant, maar in almal neem iemand waar.

Groenewald is bewus van minstens 70 vakante poste waarin niemand waarneem nie.

Luidens die polisie se jaarverslag is slegs 32% van die polisie se lede tans vroue.

Van die polisie se totale mag is 60 945 vroue en 129 254 mans. Daar is net 14 602 wit polisiemanne.

Luidens ’n notule van ’n vergadering waar genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, en verskeie adjunk-polisiehoofde verlede jaar Oktober teenwoordig was, moet minstens 45% lede van die polisie vroue wees.

Die drie sake wat Solidariteit nou hanteer, is nie onder die agt hangende sake teen die polisie nie wat verband hou met onbillike diskriminasie waar aanstellings en bevorderings streng op grond van ras plaasgevind het.

Een van dié sake is dié van kapt. Renate Barnard, wat ’n geding oor regstellende aksie teen die polisie gewen het, maar waarteen die polisie appelleer. 

Volg Beeld op Twitter. Klik hier.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.