‘Wittes se isolasie is hul eie skuld’

2011-07-07 00:30

Mnr. Boitumelo Senokoane Foto: Neels Jackson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wit mense voel geïsoleerd in Suid-Afrika en dit is hul eie skuld.

Dit was gister die boodskap van mnr. Boitumelo Senokoane, dosent in teologiese etiek aan Unisa, tydens ’n filosofie-seminaar by die universiteit.

Senokoane het die bekende spreuk van Steve Biko – “Black man, you are on your own” – omgedraai tot “White man, you are on your own”.

Volgens Senokoane kla wit mense deesdae omdat hulle politiek magteloos, sosiaal uitgeworpe, ekonomies vervreemd en godsdienstig skynheilig is.

Hy voer aan dat wit mense in die vorige bedeling ’n konstruksie van God gemaak het wat aan hul kant was. Nou het daardie “god” hulle in die steek gelaat.

Die fout wat wit mense volgens Senokoane begaan het, was om te vergeet dat die mens ’n sosiale wese is wat ander nodig het.

“Die lewe gaan oor die bou van brûe, nie mure nie,” het hy gesê. Daardie fout kom die wit man nou duur te staan. Wit mense proe nou hul eie medisyne.

Senokoane het gesê wit mense se isolasie was nie onskuldig nie. Dit was deel van dieselfde web as die onderdrukking en uitbuiting van swart mense.

Vandag sien ’n mens steeds soms dat wit mense afsonderlik veldtogte wil voer.

Senokoane meen ook dat die wit man nie deur die swart man vertrou moet word nie.

Daarmee verwys hy nie na individue nie. Sommige swart mense is deur wit mense gehelp.

Hy verwys na die wit man as geheel, na sy gemeenskap.

Senokoane het gesê die wit man is ’n produk van sy gemeenskap waar geleer word dat ’n swart mens minderwaardig is, nie dink nie, ’n heiden is en onbekwaam is.

Hy kan nie ontken dat daar wit mense is wat sê hulle is anders geleer of dat hulle self tot ander insigte gekom het nie, “maar daar moenie vergeet word dat dit ’n hele gemeenskap verg om ’n mens groot te maak nie”.

Senokoane voer aan dat ’n swart man ook skepties moet wees teenoor liberale wit mense.

Hy vra vrae soos hoeveel wit mense doelbewus ’n swart dokter gekies het, hoeveel liberale wit mense met swart mense getrou het en hoeveel van hulle hul kinders steeds na wit skole stuur.

Pleks daarvan om op wit mense te vertrou, moet die swart man ekonomies onafhanklik van die wit man word.

As die swart man praat oor regstellende aksie, die herverdeling van grond en restitusie of oor die nasionalisering van minerale rykdom, moet hy op sy eie wees soos in die era van uitbuiting, verdrukking en ongelykheid. As mense hom as ’n rassis sou wou bestempel, het Senokoane gesê, wil hy vra dat daar eerlik oor ras en oor onreg gepraat word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
271 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.