Woede oor nóg plaasmoorde

2010-03-01 23:32

Vermoor: Mnr. Paul Dunn (49)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Boere dring weer op die herinstelling van die kommandostelsel aan nadat nóg twee boere in Limpopo vermoor is.

Mnr. Etienne Cannaerts (61), ’n Belg, is Vrydagmiddag op sy plaas naby Lephalale (Ellisras) vermoedelik met sy eie sakmes keelaf gesny.

In die ander voorval is mnr. Paul Dunn (49), ’n plaasbestuurder van Constantia Produkte, ’n sitrusplaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen, in die vroeë oggendure Saterdag in sy huis doodgeskiet.
Vyf mense is in Februarie op plase in Limpopo vermoor.

Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het gister gesê boere in Limpopo is baie ontsteld.
“Die mense is kwaad. Baie boere bel my en wil hê die kommandostelsel moet weer landwyd ingestel word.”
TLU SA het in ’n verklaring gesê hul plaaswagstelsel, wat groen flitsende ligte tydens patrollies gebruik, moet deur die polisie erken word. Die polisie meen die groen patrollieligte is onwettig en het al verskeie kere met

TLU SA daaroor gebots.
Volgens mnr. Japie Ellis, ’n boer van die Lephalale-gebied, is Cannaerts Vrydag vermoedelik oorval toe hy sy plaashek oopgemaak het nadat hy sy werkers gaan aflaai het. Die aanvallers het toe met Cannaerts in sy voertuig na ’n waterpan op die plaas gery.
Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê sy hande en voete was vasgebind en sy keel afgesny. “Sy lyk is die aand op ’n afgeleë paadjie gekry,” het Ellis gesê.
Volgens Otto is niks tydens die aanval gesteel nie.

Mnr. Marco Ruiter, ’n familievriend van Cannaerts, het gister gesê die moord was grusaam.
Cannaerts en sy vrou, Ingrid, het die afgelope ses jaar op die plaas gebly.
Hulle het nie Suid-Afrikaanse burgerskap nie.

“Sy vrou en ons wil niks daaroor sê nie. Sy lyk sal ná die lykskouing na België geneem word, waar hy begrawe sal word.”
Niemand is al gearresteer nie.

In die ander voorval het Dunn vermoedelik wakker geword nadat drie aanvallers by sy huis ingebreek het.
’n Skietery het uitgebreek.
Mnr. Dries Enslin, voorsitter van Agri-Letaba, het gesê Dunn het een aanvaller raak geskiet.
Dunn is in die bors, nek, regterarm en rug geskiet.

Volgens Otto het die aanvallers verskeie huishoudelike goedere gesteel.
Bloed van die gewonde aanvaller is buite die huis gekry. Dié verdagte is Saterdagmiddag deur boere in die gebied, wat ’n private helikopter in die soektog ingespan het, aangekeer. Hy is onder polisiebewaking in ’n hospitaal.

Enslin het gesê 12 misdaadvoorvalle, wat huisbraak en voertuigdiefstal insluit, is die afgelope tien dae op plase in die Letsitele-gebied aangemeld.
“Dit is duidelik die polisie het nie beheer oor die toestand nie,” het mnr. Doors le Roux, voorsitter van TLU SA-noord se veiligheidskomitee, gesê.

Hulle het ’n dringende vergadering met me. Dikeledi Magadzi, LUR vir veiligheid in Limpopo, en komm. Calvin Sengani, polisiekommissaris, aangevra om plaasaanvalle te bespreek.
Enslin het gesê die boere in die Let­sitele-gebied neem deel aan sektorpolisiëring en het ’n goeie verhouding met die polisie, “maar veel meer kan gedoen word”.

Agri SA hou Maandag ’n misdaadkonferensie in Centurion waar die veiligheidsituasie op plase ook met mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, bespreek sal word.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.