Woede oor polisie drie skors

2010-06-23 23:55

Honderde woedende lede van die polisie, nooddienste en weermag wat vir WB 2010 in die Laeveld ontplooi is, dreig om die strydbyl op te neem nadat drie polisiemanne verlede week summier sonder behoud van salaris geskors is.

Dié drie het onlangs saam met twee ambulansmanne ’n Fifa-amptenaar te hulp gesnel toe sy by haar huis in Nelspruit siek geword het.

Me. Beverly Salmon (38), ’n geleentheidskoördineerder van Fifa se plaaslike reëlingskomitee in Nelspruit, beweer ’n kamera is by haar huis in Opalstraat, West Acres, gesteel. In ’n verklaring aan die polisie beweer sy glo die polisiemanne was ook dronk.

Die vyf word nou deur klagte van diefstal in die gesig gestaar.

Salmon se vriend, glo ’n Duitser, het die nag van 5 Junie die polisiemanne langs die pad in Nelspruit voorgekeer en gevra hulle moet kom help, want Salmon “kry ’n hartaanval of iets”.

Beeld het betroubaar verneem die polisiemanne was in daardie stadium al van diens af, maar nog in uniform en het ’n groep Chileense toeriste by ’n restaurant opgepas.

Die toeriste is glo vroeër die aand gekry waar hulle in die onderdorp van Nelspruit by ’n ongure restaurant wou gaan kuier en die polisiemanne het hulle na ’n meer gegoede kuierplek vergesel.

Die polisie was omstreeks 23:00 op die punt om van die kuierplek te vertrek toe hulle genader is om Salmon te help. Hulle het na haar huis gejaag terwyl hulle solank ’n ambulans van Netcare ontbied het. By hul aankoms daar kon hulle nie toegang tot die perseel kry nie omdat die hekke gesluit was.

Hulle het dit probeer oopbreek. Intussen het Salmon, wat skynbaar verward voorgekom het, by die huis uitgekom en die hek vir hulle oopgesluit.

Die polisiemanne het haar na haar kamer gehelp. Kort daarna het die ambulansmanne opgedaag.

Salmon is gestabiliseer en na die Nelspruit Medi-Clinic gebring. Sy is opgeneem waar sy glo twee dae lank in die hoësorg-harteenheid behandel is.

’n Dag nadat sy ontslaan is, het sy glo ontdek haar kamera is weg en het sy toe die diefstalklag aanhangig gemaak.

’n Duidelik verbaasde Salmon het gister aan Beeld bevestig sy het die klag teen die polisie- en ambulansmanne aanhangig gemaak. “Ek hoop geregtigheid geskied,” het sy gesê.

Kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het bevestig hulle ondersoek die diefstalklag. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem of aangekla nie.

Hy het bevestig die drie polisiemanne is geskors. “Hulle word departementeel vervolg op die bewerings dat hulle dronk was.”

Me. Robyn Baard, woordvoerder van Medi-Clinic, het gister bevestig Salmon is in dié hospitaal behandel, maar wou geen verdere inligting bekend maak nie.

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het gister bevestig hulle gaan die polisiemanne in die departementele verhoor verdedig.

Daar is soveel ontevredenheid oor die voorval dat daar nou al selfs sprake van protesoptrede is.

Verskeie senior polisie-offisiere het gister hul misnoeë oor die voorval uitgespreek en gesê die polisiemag pas “dubbele standaarde” toe.

Hulle het verwys na strafregtelike klagte wat die afgelope week teen twee lede van die polisie se provinsiale bestuur aanhangig gemaak is.

Vrydag het kol. (adv.) Kevin James, waarnemende provinsiale hoof van regsdienste, in die hof verskyn op ’n klag van winkeldiefstal.

’n Klag van dronkbestuur is ook die naweek teen brig. Dan Morapeng, die provinsiale hoof van misdaadintelligensie in Mpumalanga, aanhangig gemaak.

“Hoekom word hulle nie ook summier geskors nie?”

Lewer kommentaar op dié storie


K9 6/24/2010 7:58:05 AM
What is good for the gooose, is goood for the gander kol. (adv.) Kevin James and brig. Dan Morapeng.
Madeleine 6/24/2010 8:03:22 AM
n EWIGE gatkruipery om FIFA gelukkig te hou. Ons offisiere en die parlement (en hulle tjomme) is mos onaantasbaar.
Marcel 6/24/2010 8:13:34 AM
Nee kyk, die hele fifa ding is besig om hand uit te ruk. 2 maande terug sou die 3 polisiemanne net n ou waarskuwing gekry het en aangegaan het met hulle werk. Dis absurd om te dink dat almal net NOU spring om die 'hoog heilige' fifa te bevredig en 'shine te vang'. Oor n maand van nou af is als weer terug na normaal, geen fifa, en dan ook weer geen reg en geregtigheid nie.

Wonder net of ons sal moet begin dink wat ons aantrek as ons uitgaan...netnou laat vroulief se mooi - onskuldige - rokkie of manlief se geskenk-das jou in die tjoekie vir n week of 3. Ons liewe regering is mos so lief om dinge hand uit te ruk, so van fifa se belaglike reels is dalk hier om te bly.
EvZ 6/24/2010 8:22:21 AM
Net nog 'n bewys hoe korrup en sleg (meeste van) die polisie is. Almal moet beslis oor die selfde kam geskeer word maar wat de duiwel... lat die spul watwil staak staak, dis nie asof hul in elk geval hul werk doen nie, so hulle is maar pal "op staak"! Wens die polisie wil besef daar is EERLIKE mense wat graag WIL werk en die werk REG sal doen...
Anton 6/24/2010 8:48:02 AM
Vroeer die jaar het 2 of 3 polisie manne n vrou geryp in Kempton. Sy het hulle uitgewys en hulle werk nog. Die klomp steel apparently n kamera en word net daar geskors sonder betaling. Wat op dees aarde gaan in die klomp se kop aan? Is n kamera meer werd as n vrou se waardigheid? Of is Fifa meer belangrik as ons eie lands burgers? Kom nou minister
Stoffie 6/24/2010 9:04:07 AM
nou gaan hulle seker weer die plek afbrand. As hulle uitgevang word en van wandade aangekla word, kry hulle net 'n klomp vriende om die klaers te teister en te dreig, en so kom hulle met 'moord' weg. WEEREENs die ouens wat die polisie so baie like .. KRY VIR JULLE !Kyk van watter stoffasie is hulle gemaak!!! Daar is verseker DUBBELE STANDAARDE, wittes word onmiddellik geskors as hulle prentjies van Malema op email versprei maar ander Brigadiere en polisie in hoe poisisies kom skotvry van onder andere 'gewapende roof', "dronkbestuur", "diefstal" klagtes!! KORRUP!!
Pieter 6/24/2010 9:24:02 AM
Ek beskuldig nie die polisie beamptes nie... tewens, al die feite word nie in die artikel genoem nie. Darrom, geen ingeligde oordeel of beslissing kan gemaak word nie. Wat ek wel kan sê is dat dit wil voorkom asof Me. Beverly Salmon self aangeklam was... sy was nie eers by haar positiewe nie... haar besittings kon reeds die vorige dag, of selfs daardie aand gesteel gewees het, verlore geraak het of so iets... miskien moet sy onder haar bed of agter haar kas of iets kyk of dit nie dalk daar ingeval het nie... en terloops, daar's 'n duidelike verskil tussen dronk aan diens, dronk vanaf diens, of onder die invloed van drank... as al 3 polisie beamptes dadelik gereageer het, is die kanse baie goed dat hulle nie onder die invloed van drank was nie... normaalweg sou 'n groepie (wat onder die invloed was) eers met mekaar geredekabel het oor wat hulle te doen staan... was hulle van diens af... 1 glasie wyn, selfs 2-3 slukke bier kan mens se asem so na drank laar stink, dis nie snaaks nie, maar onder die invloed wees, bog man! Dis tyd dat die FIFA gespuis die land verlaat, pun-en-klaar!
Johann C 6/24/2010 9:50:14 AM
Hier stink n vrot rot? Eerstens, Salmon n geleentheidskoordineerder, maar het nie kontak nommers vir die nooddienste tot die ALLMIGHTY FIFA nie. Tweedens, haar duitse "vriend" jaag in die strate rond agter hulp aan in n area wat hy nie ken nie, terwyl sy vriendin n hartaanval kry. En dan die beste, wanner die polisie en nooddienste by die perseel opdaag, kan hulle nie inkom nie. Die vriend het nie n sleutel nie of is hy dalk nou spoorloos/ (voor of na die kamera). Die arme dame moet nou self die hek kom oopsluit.
EvZ jy het nie n flippen idee waarvan jy praat nie, klim uit jou koekon en kyk na die dinge objektief. Bv daar is baie gesellin klubs daar buite, maar dit betekin nie alle vrouens daar buite is prostitute nie.
Lex Rex 6/24/2010 10:03:28 AM
Sien iemand raak dat die beginsel "onskuldig totdat skuld bewys word" ignoreer is?
Pine 6/24/2010 10:26:26 AM
Wat is die MORAL OF THE STORY as jy van diens is laat maar moor roof en vrek jy het mos klaar gewerk die polisie bestuur soek mos altyd 'n rede om die ouens wat bereid is om die ekstra te doen te grind wat hulle is mos 'n gevaar vir hulle
KB 6/24/2010 10:28:51 AM
Ek stem saam Johann C - dit klink soos 'n deurmekaar spul ! Duidelik nie genoeg feite om 'n opinie te lewer nie...
Mvdl 6/24/2010 10:53:22 AM
Ek stem 100% saam met Johann C, iewers is daar 'n "link missing". Miskien moes hulle eers al die feite nagegaan het voordat hulle mense sommer net skors ! ! !
DanieA 6/24/2010 11:10:36 AM
Ek is bly dat dit iemand van die buiteland die klag gelê het en dat die Polisiemanne moontlik vervolg gaan word. Indien dit 'n Suid-Afrikaanse burger was sou hulle nie geskors gewees het nie en die saak sou nie eers ondersoek geword het nie. Kan FIFA die ANC regering permanent vervang nie. FIFA regeer die land die afgelope paar weke met 'n ysterhand. Misdadigers word baie vinniger aangekeer, voor die hof gebring en met baie swaarder strawwe gestraf. Self ons paaie in die stede en vedrvoerstelsel het verbeter. Fifa het nou aan ons belsatingbetalers gewys hoe die ANC regime eintlik die land kan en moet. Viva FIFA Viva julle het die land van ondergang gered al word dit ten minste nou vir 'n jaar of twee vertraag.Viva FIFA Viva, I salute you.
TERSIA 6/24/2010 11:30:56 AM
Ja het nie gedink ek sal ooit vir die polisie opkom nie, maar die hele dinge klink nie vars nie. Dalk het iemand 'n paar feite uitgelos iewers.
Bekommerd 6/24/2010 11:49:42 AM
Ek ruik ook 'n rot. Ten eerste was hulle nie aan diens nie. Hulle was bereid om dadelik na die vrou te gaan en te help. Waar was die sogenaamde vriend? Onskuldig tot hulle skuldig kan bewys word.
Joe 64 6/24/2010 11:52:04 AM
Ek hoop regtig nie hulle kry die kamera by die polisie nie, en dat hulle onder die invloed was in uniform is jammer. klink of hulle darem diens verig het
henk 6/24/2010 12:14:27 PM
en wat van polisiemanne wat vir moord, roof, gewapende roof, bedrog en vele ander ernstiger misdade aangekla of ondersoek word. waarom word hulle nie sonder hul salarisse geskors nie. selebe ontvang steeds sy salaris en hy word van miljoene se korrupsie beskuldig. dit hang af wie jy ken en wie beindruk moet word.
jaypee 6/24/2010 12:14:52 PM
FIFA moet permanente verblyf reg in SA kry dan het ons immers flinke polisie dienste.
Susan 6/24/2010 2:20:27 PM
Viva FIFA. Maar ek is ook aan die polisie se kant!!!!!!!!!!!!
Zet 6/25/2010 8:20:53 AM
EvZ - Het jy dalk self 'n paar keer met die gereg gebots en dis waar jou opinie vandaan kom? Wie gaan jy eerste bel as daar 'n huisroof by jou eie huis plaasvind? Die meeste polisiemanne is mos korrup. Het jy ooit na die ander kant gekyk? Kom ons veronderstel daar was 2 chileense toeriste, dan het daardie einste 3 polisiemanne 3 mense se lewens gered daardie aand. Hulle flinke optrede teenoor Mev Salmon sê vir my dat hul nie onder die invloed van drank was nie. Sy moet eerder sê "dankie ek lewe nog". 'n Polisie man se plig is misdaad, nie mediese sorg nie! Hulle het uit hul pad gegaan (van diens af) om mense te hulp te snel. Bravo Polisie!!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...