Wonderboom: Dié vlugte mag nog nie

2009-11-11 02:33
Wonderboom Lughawe

Wonderboom Lughawe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het vir eers ’n stokkie voor lugdiensvlugte tussen die Wonderboom-lughawe, Kaapstad en Durban gesteek omdat die operateur nie die nodige magtigingsertifikaat het nie.

Nou word die vliegtuie versien en oor die operateursertifikaat onderhandel voordat die diens glo later vandeesmaand wel begin.

Die vlugte sou op 31 Oktober begin, maar die begindatum is later tot 20 November uitgestel.

Mnr. Anton Richman, hoofbestuurder van operasionele lugvaartveiligheid by die BLO, het gister gesê Interlink Airlines, wat die tender gekry het om die diens te bedryf, het nie ’n lugoperasiesertifikaat om geskeduleerde of nie-geskeduleerde operasies van Wonderboom te bedryf nie.

Om dié sertifikaat te kry, moes Interlink sy operasies se spesifikasies aan die BLO voorlê. “Dié spesifikasies is laat ingedien en die operateur het die owerheid nie oortuig dat die vliegtuie wat hy wil gebruik, gekombineer met die lughawe se beperkings, haalbaar is nie,” het Richman gesê.

Dit het ook nie aan die Burgerlugvaartregulasies en tegniese standaarde voldoen nie. “Slegs wanneer die vereistes behoorlik gevestig en beoordeel is, sal ’n sertifikaat uitgereik word.”

Die lugdiens het al vroeër bevestig dat “honderde” mense navraag en besprekings gedoen het. Besprekings vir vlugte in Desember kan ook al aanlyn gedoen en betaal word al is die diens se vliegtuie tans nog “onder versiening”.

Mnr. Subesh Pillay, voormalige Tshwane-burgemeesterslid vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, het gesê die kontrak is toegeken op grond van bepaalde vliegtuie wat gebruik sou word.

Kort voordat die diens sou begin, het Interlink die soorte vliegtuie verander en dit was vir die BLO onaanvaarbaar.

Sover vasgestel kon word, sou Interlink BAE-146-vliegtuie gebruik, maar dié was skielik nie meer beskikbaar nie en Interlink wou toe glo sy eie Boeing 737-200’s gebruik.

Die aanloopbaan by Wonderboom is nie lank genoeg sodat dié Boeings met ’n vol vrag passasiers en brandstof Kaapstad toe kan opstyg nie.

Die Boeings se geraasvlak is ook hoër as die toegelate vlak by Wonderboom.

Volgens Richman is die BLO “byna daagliks” in verbinding met Interlink om die kwessie so gou moontlik uit te stryk.

Hy het gesê die lugdienslisensieraad, wat afsonderlik van die BLO onder leiding van die departement van vervoer funksioneer, het Interlink se lisensie as operateur uitgereik.

Dit is dié raad wat teen die lugdiens moet optree weens die feit dat vliegkaartjies verkoop word vir ’n diens wat nog nie bestaan nie.

Mnr. Neil Baines, wat Interlink se bemarking behartig, het gesê al die mense wat vir vlugte betaal het wat nog nie plaasgevind het betaal het, is vergoed of op vlugte van ander lugdienste geplaas.

Hy voorsien die probleme met die BLO sal “binne ’n dag of twee” uitgestryk wees.

Volgens hom het die eienaar van die BAE-146’e wat hulle gaan gebruik die vliegtuie laat van die vorige gebruiker af teruggekry. Die vliegtuie moet ook eers ’n behoorlike versiening ondergaan voordat dit by Wonderboom gebruik gaan word.

Volgens hom het die BLO “op die laaste nippertjie” op 29 Oktober ingegryp om die diens eers te keer.

“Ons het geen inligting oor mense wat ongelukkig is met die vertraging nie.”

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.