Zim-mense in SA hoor hulle moet reg of hulle moet weg

2010-09-03 00:02

Media24-Afrika-kantoor

Zimbabwiërs in Suid-Afrika “word tussen die bene geskop” en “soos vuil doeke weggegooi”.

Dít was gister die reaksie van adv. Gabriel Shumba, hoof van die Zimbabwe Exiles’ Forum (ZEF) in Suid-Afrika, op ’n kabinetsbesluit dat onwettige immigrante, onder wie miljoene Zimbab­wiërs, die land teen 31 Desember moet verlaat of die gevaar loop om uitgeskop te word.

Die kabinet het aangekondig die spesiale permitstelsel wat in April verlede jaar vir veral Zimbabwiërs ingevolge ’n ooreenkoms met die Zimbabwiese regering ingestel is, word afgeskaf.

Die twee regerings gaan ’n gesamentlike komitee aanstel wat oor die toepassing van die beleidsbesluit sal toesig hou, berig Philda Essop.

Onwettige immigrante het tot 31 Desember om hul dokumentasie met hul lande van oorsprong en die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse
sake in orde te kry, het mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, gesê.

Diegene daarsonder sal ná 31 Desember gedeporteer word.

Naas die Zimbabwiërs is Mosambiekers die grootste groep.

Maseko het gesê dis “sodat ons kan begin om almal in dié land behoorlik te dokumenteer en sodat ons hul vingerafdrukke kan hê om te verseker dat wanneer iemand ’n misdaad pleeg, ons weet wie daardie persoon is”.

Shumba het aan Beeld gesê: “Dis absoluut skokkend. Die Suid-Afrikaanse regering lewer ons aan (pres. Robert) Mugabe uit. Dit is ’n skop tussen die bene vir elke Zimbabwiër wat sy vaardighede na Suid-Afrika gebring het en WB 2010 se stadions en paaie kom bou het.”

Volgens Shumba was die ZEF verlede week nog in gesprek met die departement van binnelandse sake.

“Daar was geen aanduiding daarvan dat dié stap op hande is nie. Ons het nog met hulle gepraat oor die 300 000 hangende asielaansoeke wat reeds by hulle ingedien is. Net 70 000 is tot dusver goedgekeur. Hul verskoning was dat daar ’n staatsdiensstaking is,” het Shumba gesê.

“Dis duidelik dat hulle ons wil terugstuur vir volgende jaar se verkiesing in Zimbabwe.

’n Volksmoord staar ons daar in die gesig.”

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Fusion Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.