Zuma aan Afrikaner: ‘Dáár is jou tuiste’

2011-02-17 07:55

Kaapstad. – Die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind.
Nie ’n staatkundige grondgebied nie, maar ’n sielkundige tuiste waar hy veilig is en die vryheid en vrymoedigheid het om dít wat vir hom belangrik is, uit te leef.

Pres. Jacob Zuma het gister tydens ’n wydlopende onderhoud met Beeld – die eerste met ’n Afrikaanse koerant sedert hy staatshoof geword het – gesê hy het ’n diep begrip vir sommige Afrikaners se behoefte aan ’n eie tuiste.

“Neem my as voorbeeld: ek werk in Kaapstad en in Pretoria, maar dan wil ek na Nkandla (in landelike KwaZulu-Natal) gaan. Dís my plek, dis my dorpie en wanneer ek daar kom, voel ek tuis.

“Ek kan die indlamu (’n tradisionele dans vir mans) doen, ek kan Zoeloe praat.

“Dít is wat sommige Afrikaners, op ’n sielkundige vlak, nodig het: ’n Nkandla.”

Hy het benadruk hy bedoel nie Afrikaners kan of moet ’n eie grondgebied afbaken of ’n aparte tuiste inrig nie. “Jy kan nie ’n Orania skep nie, jy moet deel wees van Suid-Afrika en deel waarin ons almal deel.”

Die staatshoof het verduidelik historiese realiteite bepaal dat verskillende etniese groepe in verskillende dele van die land gekonsentreer is.

Só is die Venda in die noorde van die land, die Zoeloes in KwaZulu-Natal en die Xhosa aan die Ooskus.

Hy het gesê die Afrikaner word nie in een, enkele grondgebied aangetref nie, maar woon regoor die land. Dáárom het hulle nie ’n “fisieke Nkandla” nie.

Zuma het gesê etniese verskeidenheid in Suid-Afrika is waardevol en dat hy, as ’n Zoeloe, trots op sy herkoms en tradisies is.

“Dit maak my nie minder van ’n Zoeloe omdat ek ’n Suid-Afrikaner is nie. Net so maak dit my nie minder van ’n Suid-Afrikaner omdat ek ’n Zoeloe is nie.”

Ondanks sy vele gesprekvoeringe en ontmoetings met Afrikaners – hy het sedert sy ampsaanvaarding wit plakkerskampe, Orania en die vakbond Solidariteit besoek – is dit steeds vir hom onmoontlik om te sê wié “die Afrikaner” verteenwoordig.

“Ek het al baie verskillende Afrikaners ontmoet. Van hulle wil nie eers Afrikaners genoem word nie, maar Boere.

“Jy kan dus nie sê as ek een Afrikaner ontmoet het, ek dié Afrikaner (verteenwoordigend van die hele groep) ontmoet nie.”

Zuma het breedvoerig gepraat oor Afrikaners se unieke geskiedenis en hoe dit hulle van ander wittes in die land onderskei.

“Sommige mense raak ontsteld as ek so sê, maar dis ’n feit: hulle is die enigste wit groep wat daarop kan aanspraak maak dat hulle óók vir hul vryheid, teen die Britte, geveg het?.?.?.?wat in konsentrasiekampe dood is.

“Hulle het ’n bydrae gemaak om Suid-Afrika te ontwikkel en te maak wat dit is. Dis ’n belangrike groep. Dis die soort groep wat nie twee paspoorte dra nie, net een.”

Hy het ook uitgewei oor onderwysvakbonde, persvryheid en diensleweringkwessies.

Met verwysing na die nasionalisering van myne het hy gesê dit is nie ANC-beleid nie, maar die debat kan nie onderdruk of van die tafel gevee word nie – al maak dit beleggers onrustig.

“Die uitkoms van die debat moet deur die realiteite van die dag bepaal word, nie net op grond van hoe iemand voel nie.

“Toe ek jonk was, het ek baie sterk daaroor gevoel en ek sou nooit kon dink, gegewe waar ek vandaan kom, dat ek my standpunt ooit sal verander nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
366 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Hespach - as jy die dag wakker skrik is jou klere uit die mode. Hierdie berig is al ouer as 'n jaar.... inteendeel, dit is al amper 18maande oud en julle sit hierop en kommentaar lewer. Gaan lees die laaste week se kommentaar en jy sal sien dat baie daarvan melding maak dat hierdie 'n stokou artikel is wat nou weer uitgeruk is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.