’n Swart dag vir gereg se dienaars

2010-02-08 23:57

’n Streeklanddros en ’n aanklaer van Musina het glo omkoopgeld aanvaar om hofsake te beïnvloed.

Streeklanddros Ronnie Rambau en mnr. Estene Willemse, streekhofaanklaer, het gister saam met mnr. T.E. Lobisi, ’n prokureur, op aanklagte van korrupsie in dié dorp se landdroshof verskyn.

Nog drie ander wetstoepassers het ook gister op strafregtelike aanklagte in howe verskyn. In Sasolburg het ’n hoë polisie-offisier in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n vrou in sy kantoor verkrag het.

En in Johannesburg het twee polisiebeamptes op aanklag van moord en gewapende roof verskyn nadat ’n Egiptiese smous tydens ’n rooftog by die Bruma-snuffelmark in Johannesburg doodgeskiet is.

Die landdros, aanklaer en prokureur het die naweek in die Musina-polisieselle deurgebring nadat hulle Vrydagmiddag laat in hegtenis geneem is.

Beeld verneem ’n polisie-informant is in die ondersoek gebruik. Die informant het glo gemerkte geld aan Lobisi gegee om ’n uitspraak te beïnvloed.

Van die gemerkte geld is glo by Willemse en Rambau gekry. Dit is nie bekend wat die aanklagte in die betrokke saak was nie.

Beeld verneem omkoopgeld is glo in sake van moord, verkragting en voertuigdiefstal betaal. Dit het glo op opgeskorte of ligte vonnisse uitgeloop.

Die drie mans is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Mnr. Danie Schoeman, sekretaris van die Landdrostekommissie, het gesê hulle het met ’n ondersoek na Rambau begin. Die proses vir sy skorsing is volgens hom reeds aan die gang.

Reëlings is ook getref dat Rambau “nie op die regbank aangewend sal word” nie hangende die ondersoek.

Die senior polisielid van Sasolburg is gisteroggend in hegtenis geneem. Klagte van verkragting en aanranding word ondersoek, het mnr. Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD), gesê. “Hy het die slagoffer glo Vrydagaand omstreeks 21:30 in sy kantoor in die Sasolburg-polisiekantoor verkrag.”

Die polisielid het die vrou geroep om te vra of sy ’n dokument vir hom sal tik toe hy die kantoordeur gesluit en haar glo verkrag het.

“Die OKD is eergister in kennis gestel van die voorval en ’n ondersoekspan het die klagte onverwyld begin ondersoek. Die verdagte het vanoggend (gister) in die Sasolburg-landdroshof verskyn,” het Dlamini gesê. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die man is met vyf dae verpligte verlof gestuur hangende ’n verdere besluit of hy na sy pos kan terugkeer.

Charles Smith berig die OKD ondersoek reeds die polisielid op ’n ander klag ook. Hy is luidens die OKD-klagstaat vroeër deur ’n oudreservis by pres. Jacob Zuma se kantoor aangegee nadat hy glo in Bloemfontein ’n groep gevangenes beveel het om kondome op te eet.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.