’n Terugkeer na hoe dié dinge vroeër gedoen is

2009-10-30 01:01

Meer as ’n dekade nadat die regering met sy omstrede kurrikulumhervorming in skole begin het, het die onderwysdepartement gister verskeie aanbevelings van ’n taakspan aanvaar wat neerkom “op ’n terugkeer na hoe baie dinge vroeër gedoen is”.

Onderwyskundiges het die aanbevelings wyd verwelkom, maar die hoop uitgespreek dat dit ook ’n einde gaan bring aan ’n proses wat onderrig in skole geweldige skade berokken en duisende leerlinge benadeel het.

“Dit is verblydend dat na die ‘klassikale’ wyse van onderrig teruggegaan word waar onderwysers en leerlinge van ’n vaste basis werk en weet wat van hulle verwag word,” het prof. Izak Oosthuizen, onderwyskenner aan die Noordwes-Universiteit, gesê. Oosthuizen verwelkom die beklemtoning van basiese beginsels soos lees, skryf en rekene aangesien “ons vandag soveel kandidate op universiteit het wat dit nie bemeester het nie”.

“Dit is tragies dat miljoene rande die afgelope dekade aan iets (uitkomsgerigte onderrig) bestee is wat, op die manier wat Suid-Afrika dit wou aanpak, uit die staanspoor die wind van voor gekry het.

“Suid-Afrika en talle leerlinge het ’n baie duur prys betaal vir die toepassing van vorige weergawes van die kurrikulum wat net polities gedrewe en nie in die beste belang van kinders was nie.”

Prof. Irma Eloff, dekaan van opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), meen ook die verligting wat onderwysers se werklading en administrasie betref, is baie positief. “Hopelik is ons nou by die retoriek en oorpolitisering van die kurrikulum verby en het ons ’n les geleer om vinniger te reageer as ons sien ’n beleid werk nie.”

Dr. Muavia Gallie, ook van die UP, het gesê die dilemma is basiese onderwysbeginsels wat in enige stelsel oor die wêreld heen geld, is met die nuwe kurrikulum opgegee. Dit moes nooit gebeur het nie.

Hy is steeds bekommerd oor die idee dat onderwysers fasiliteerders eerder as onderwysers is. “Vir kinders om te leer moet sekere feite en inligting aan hulle oorgedra word.”

Me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het opnuut beklemtoon dat uitkomsgerigte onderrig (UGO) nie “weg” is nie en “dat daar geen beleidsverandering is nie”. Sy het gesê daar word teruggekeer na hoe sekere dinge op die ou manier gedoen is en van dinge wat nie waarde tot onderrig voeg nie (uitgebreide portefeuljes) word ontslae geraak.

Motshekga het gedurende vraetyd dit aan prof. Linda Chisholm, navorser by die RGN, oorgelaat om te verduidelik wat aanbevelings rondom die sillabus behels. 
Chisholm was in die tyd van mnr. Kader Asmal en me. Naledi Pandor, vorige onderwysministers, betrokke by taakspanne wat aangestel is om die kurrikulum te hersien en meer vaartbelyn te maak. Sy is nou weer ’n adviseur vir Motshekga.

Luidens die verslag van die jongste taakspan word daar nie om ’n terugkeer na die verlede gepleit nie. “Ons het geleer dat ondanks goeie bedoelings van vorige pogings ’n ondergespesifiseerde kurrikulum diegene bevoordeel het wat reeds ’n voordeel en toegang tot kennis het. Wat ons moet doen, is om te verduidelik wat kennis is. Wat dit is wat beter leervaardighede en geleenthede aan leerlinge sal gee en onderwysers sal help.”

Kurrikulum-pad
*1997: Die kurrikulum (Kurrikulum 2005) onder dr. Sibusiso Bengu, onderwysminister, berus op 66 “uitkomste’’ en “gevolge’’. Leerlinge volg eie leertempo en moet “denkers” word. Handboeke verdwyn omtrent.
*2000: Eerste taakspan onder mnr. Kader Asmal aangewys om kurrikulum te hersien.
*2002: SA kry hersiene kurrikulumverklaring wat probeer om meer inhoud aan leerareas te gee.
*2004: Uitkomsgerigte kurrikulum word van gr.1 - gr.4 inwerking gestel.
*2006 - 2008: Nuwe kurrikulum word van gr.10 - gr.12 inwerking gestel. Eerste uitkomsgerigte matriek.
*Einde 2008: Me. Naledi Pandor, onderwysminister, begin kyk na die hersiening van die “nuwe” kurrikulum.
*2009: Me. Angie Motshekga aanvaar aanbevelings wat basiese beginsels in onderrig terugbring

Wat gebeur nou
*Die ontwikkeling van ’n sillabus wat van 2011 gebruik sal word. (Nie ’n verandering in kurrikulum nie, maar in dokumente wat beter toelig wat leerlinge moet leer).
*Die staking van portefeuljes. Deurlopende assessering gaan egter steeds voort en tel 25% van hoërskoolleerlinge se jaarpunt.
*Vermindering van leerareas vir
gr.4 - gr.?6.
*Beklemtoning van die gebruik van Engels saam met die moedertaal van gr.0.
*Onderwysers het een lêer vir administratiewe doeleindes.
*Die rol van vakadviseurs word duideliker gemaak.
*Leerlinge gaan minder skoolprojekte/take doen.
*Alle leerlinge van gr.?4 - gr.?12 gaan handboeke in elke vak kry. In gr.3, gr.6 en gr.9 gaan jaarliks assessering in wiskunde, huistaal en Engels wees.
 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.