Vrou van Beeld sterf ná aanval

2011-01-27 00:22

Mev. Kotie Visser

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban. – ’n Gewilde verspreidingskontrakteur van Beeld is eergister in ’n hospitaal in die stad dood ses weke nadat rowers op haar vragmotor geskiet en haar in die bors getref het.

Die toestand van mev. Kotie Visser (60) van Port Shepstone het ’n week nadat sy geskiet is in die waakeenheid van die St. Augustine-hospitaal versleg.

’n Koeël het haar bors onder haar armholte getref, ’n long beskadig en in een van haar rugwerwels vasgeslaan toe rowers in die ry op 14 Desember in die vroeë oggendure op die N2-hoofweg naby Ilfracombe op haar geskiet het.

Sy was op pad om koerante by die Pavilion-winkelsentrum in Durban te gaan oplaai. ’n Gewonde Visser het haar seun, Schalk, op haar selfoon gebel terwyl die rowers die vragmotor deurgesoek het.

Visser jr., wat ook help om Beeld te versprei en ’n ent agter sy ma se vragmotor gery het, was binne tien minute op die toneel. Die rowers het net mev. Visser se handsak gevat.

Haar man, Schalk sr. (56), is in 2006 ook deur rowers doodgeskiet toe sy Beeld-afleweringsvoertuig langs die N2 onklaar geraak het.

Volgens Visser jr. het sy ma eergister omstreeks 05:00 hart- en bloeddrukprobleme ontwikkel en is sy om 13:10 oorlede.

Vandat mev. Visser op die ventilator geplaas is, kon sy net haar lippe beweeg om met haar familie te probeer praat. Dié het probeer lippe lees en dan vir haar vrae gevra waarop sy haar oë kon knip om ja of nee te sê.

Volgens sy suster, mev. Ilze Viljoen van Roodepoort, was mev. Visser iemand wat altyd gelag, met mense gesels en nooit stilgesit het nie.

Die familie het die groot getalle Beeld-intekenare en vriende wat gebel of SMS’e gestuur het, bedank vir hul ondersteuning.

’n Roudiens word Saterdag om 15:00 in die NG kerk in Margate gehou en op 5 Februarie om 12:00 ook in die NG kerk Sesmylspruit in Von Willigh- laan, Centurion.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Hespach - as jy die dag wakker skrik is jou klere uit die mode. Hierdie berig is al ouer as 'n jaar.... inteendeel, dit is al amper 18maande oud en julle sit hierop en kommentaar lewer. Gaan lees die laaste week se kommentaar en jy sal sien dat baie daarvan melding maak dat hierdie 'n stokou artikel is wat nou weer uitgeruk is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.