12 uit 12 vir heerlike en billike kinderboeke

2010-05-09 21:29

Sonja Serfontein en die groot kaas

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe Beeld my vra om ’n gereelde oorsig van kinder- en jeugboeke te skryf, het ek gemeen om eers in een artikel die belangrikstes wat sedert vroeg 2009 verskyn het te behandel.

Toe die eerste berg boeke (dit was van Lapa in Pretoria) hier aankom, het ek egter besef dis onmoontlik.

Hierdie oorsig behandel dus net die glanspunte in 12 kategorieë van een uitgewer, Lapa, se uitreikings verlede jaar.

Afrikaanse ouers hoef nooit weer te kla oor ’n gebrek aan lekker boeke vir hul kinders nie. Hier is grotte vol skatte en jy hoef nie eens “Sesame gaan oop” te sê nie.

As Lapa se boek van 2009 kies ek Die ongelooflikste cool goed.

Dit is die ongelooflikste, heerlikste reuse-boek oor die wondere van die tegnologie, skouspelagtig, propvol feite en tog verstaanbaar geskryf en aangebied.

Teen die besonder billike prys van R180 vir 256 groot volkleur-bladsye, is dit ’n boek wat Pa, Ma, Boet en Sus (so van tien jaar af) eenvoudig moet hê.

Lapa se skrywer van die jaar is Jaco Jacobs (JJ). Hy het nie net self ’n flinke persentasie van Lapa se 2009-boeke geskryf nie, maar alles wat uit die buiteland kom, vertaal of berym.

Lapa se top- inheemse kinderprenteboek van die jaar is op my lys Bertus soek ’n boek deur die einste JJ, met die lewendigste, pragtigste illustrasies deur Marjorie van Heerden.

Bertus gaan teensinnig bib toe, want hy haat boeke, maar dan wys die aweregse bibjuffrou, mevrou Haasbroek, wat seker ’n tante van Pippie Langkous moet wees, hom die Rooihuide, T Rex’e, vampiere en ander opwindende goeters wat in die vaal rakke skuil.

Dit sal my min verbaas as hierdie boek mettertyd in Italiaans, Pools en 20 ander tale verskyn.

Teen R70 is dit ’n absolute winskoop vir ’n oorspronklike boek in volkleur.

Lapa se top- vertaalde kinderprenteboek van die jaar is Die groot rooi bad, wat in JJ (wie anders?) se beryming so lekker spat spat spat. R70.

Lapa se top-reeks is die vier kleurryke en vreesaanjaende boeke oor die gruwelikste dinosourusse wat niemand nog ooit gesien het nie.

In die lug, In die see, Plantvreters en veral Vleisvreters. Ongelooflik billik teen R70 elk.

Lapa se top- junior reeks is Ek wonder waarom, met flappies wat jy kan oplig.

Daar is vier boeke – Walvisse en dolfyne, Goggas, Babadiere en Dinosourusse (ja, nogmaals!) – teen slegs R60 elk.

Die rilboek van die jaar is JJ se Virus, op tieners (en ouer) gerig. Meer as 100 grusame bladsye met grieselige comics wat plek-plek die relaas oorneem.

Dit herinner aan Eugène Marais se “Ondergang van die Tweede Wêreld”, maar is nog horribaler. R80.

Die tienerliefdesverhaal van die jaar is JJ se Perfek. My 15-jarige kleindogter, Louisie, sal dit stellig geniet, maar ek het ook.

Heelpad baie vernuftig en met ’n ontroerende slot. R70.

Die flip-om van die jaar is Die spring-ding deur François Bloemhof, maar as jy die boek omkantel, kry jy aan die ander kant Projek Zero.

Albei stories is grieselrig en die dubbele bangmaakdosis kos maar R70.

Lapa se top-versamelbundel van die jaar, nog ’n plaaslike produksie, is Die mooiste dierestories, oorvertel deur Wendy Maartens, met fraai illustrasies deur Natalie en Tamsin Hinrichsen.

Hoe Miemie du Plessis van Lapa dit regkry om die 30 stories en 128 volkleurbladsye vir R130 te verkoop, weet ek nie.

Lapa se top- junior satire vir 2009 (hoewel menige jong leser dit doodernstig sal opneem) is ongetwyfeld Saskia Kuschke se Sonja Serfontein en die groot kaas, met briljante illustrasies deur Alistair Ackermann.

Sonja is ’n 13-jarige Superwoman. Teen R50 vir ’n oorspronklike volkleurboek is dit ook Lapa se winskoop van die jaar.

Kategorie 12 is nie ’n boek nie, maar die sin van die jaar.

Dit verskyn in Emma en die Blêg, ’n heerlike storie deur Martie Preller (vir R80).

Emma het pas op haar wonderbaarlike speelgoedvoël, Alba, na die Noordpool gevlieg en ’n kosbare iets wat hy van haar dorp gesteel het, uit die Blêg se kloue gaan red.

“Alba, jy was wonderlik!” roep die meisietjie. Alba se respons is die sin van die jaar: “Natuurlik,” antwoord Alba trots. “Ek is ’n albatros.”

’n Taal is volwasse en volwaardig as jy dié soort woordspel – wat maklik ’n segswyse kan word – sommer so terloops in ’n kinderboek vind.

Rousseau is ’n oud-uitgewer.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.