Bekende liedjies vars in musiekspel

2012-02-02 21:44

Deborah Lyons vertolk Pearl’s a Singer in die musiekspel Smokey Joe’s Café.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Smokey Joe’s Café
Cinema Nouveau

Al hoor jy net twee liedjies uit hierdie musiekspel, het jy al waarde vir jou geld gekry.

Die een is Deborah Lyons se vertolking van Pearl’s a Singer en die ander Victor Trent Cook s’n van I (Who Have Nothing).

Voeg dan daarby nog treffers soos Poinson Ivy, Jailhouse Rock, Spanish Harlem en Love Potion #9 en jy bons in jou stoel rond van pure plesier.

Musiekspele kry nou ook die kans om soos die operas en toneelstukke wat regstreeks van die verhoog na die grootskerm verplaas word, gehore te bereik wat hulle andersins nie sou kon sien nie.

Vir liefhebbers van musiekspele is dit goeie nuus dat hulle kan deel in dit wat op Broad-way aangebied word.

Smokey Joe’s Café het nie verniet 2?036 opvoerings beleef en ’n Grammy-toekenning ontvang nie.

Dit is ’n seldsame revue wat sonder dialoog en sonder ’n spesifieke tema net oor die genot van die vertolking van die 39 liedjies gaan.

Gaan kyk maar op YouTube en voeg jou aanwesigheid by die onder meer 37 255 ander wat reeds na Pearl’s a Singer gaan kyk het.

Die liedjies is van die duo Jerry Leiber en Mike Stoller, maar min mense verbind hulle twee met die treffers wat kunstenaars soos Elvis Presley, Tom Jones, Joe Cocker en Shirley Bassey hul eie gemaak het.

Selfs die lied wat Broadway self besing – On Broadway – het uit hul penne gekom.

Al ken ’n mens die meeste van die liedjies goed, word jy telkens verras met die vars manier waarop hulle aangebied word en die uitstekende manier waarop hulle verwerk is.

Ook die choreografie, kostuums en stel is indrukwekkend.

’n Mens sukkel aanvanklik met die ongenadige nabyskote op die sangers se gesigte, maar dit pla later nie meer nie.

Daar is ’n paar van hulle wat jou eintlik later betower terwyl hulle jou hele gesigveld vul.

Moenie begin twyfel as die vertoning stadig, amper gestroop, begin nie. Dit warm op tot brandpunt.

Met die oorspronklike rolverdeling van die musiekspel in die Shubert-teater in New York.

Nog Saterdag en Sondag.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.