Boeiende teks is g’n piekniek

2010-03-07 22:23

Voetstoots deur John Miles.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Voetstoots deur John Miles. Human & Rousseau.

Met sy jongste roman stel John Miles ’n hele paar uitdagings aan die leser.

Die ongewone vertelperspektief, ineengestrengelde verhaalgebeure, onderbrekings in die vertelling, samevloeiing tussen hede en verlede en vermenging van genres (soos die speur-, liefdes- en spannings­roman) is van die aspekte wat ’n tweede of selfs derde lees vereis.

Tog behoort voornemende lesers nie afgeskrik te word nie, maar moet eerder verheug wees oor ’n roman wat aktiewe en betrokke lesersdeelname verg – daar het sedert Agaat van Mar­lene van Niekerk lanklaas ’n lywige roman verskyn wat so ’n ingewikkelde én genotvolle leeservaring vir prosaliefbebbers bied.

Miles noem sy roman “’n episode” en verdeel dit dan in drie dele, naamlik “Kersnaweek”, “Opvolg” en “Rondom Nuwejaar”.

Die feit dat die roman as “’n episode” benoem word, versterk die filmiese aard daarvan en sluit aan by ander filmiese elemente wat daarin voorkom.

In breë trekke handel dit oor ’n tandarts, August Lotz, wat tydens ’n besoek aan ’n Weskusdorpie afkom op ’n onontdekte dagboek van die 18de eeuse reisiger Robert Jacob Gordon.

Vir August, ’n liefhebber van die geskiedenis, is dié toevallige en skynbaar onbenullige ontdekking ’n bepalende faktor wat die gang van sy bestaan drasties verander.

Hy besluit om verdere navorsing oor Gordon se wedervaringe te doen en hom tydelik in die Weskus-dorpie te vestig sodat hy sy redigering van Gordon se dagboek kan afrond.

Deur ’n verder oënskynlik irrelevante gebeurtenis – die ontdekking van ’n onbekende man se lyk in die manstoilette van die plaaslike motorhawe – ontmoet August Tessa, die plaaslike ondersoekbeampte. Op die misdaadtoneel vra sy hom om vir die nag na haar seuntjie, Otto, om te sien sodat sy haar verpligtinge kan nakom.

August en Tessa raak onmiddellik verlief en binne ’n kwessie van ’n week (tussen Kersfees en Nuwejaar) word hul individuele lewens met mekaar verstrengel.

August word toenemend by Tessa se egskeidingsprobleme ingesleep, terwyl Tessa ’n soort plaasvervanger word vir August se oorlede vrou.

Uit dié beknopte beskrywing van die verhaal blyk dit dat toeval ’n belangrike rol in die roman speel – dieselfde geld die verbande tussen Gordon en August se lewenspaaie en die ooreenkomste tussen Tessa en August se onderskeie verledes en verliese.

Dit is juis as gevolg van toeval dat August en Tessa gedwing word om traumatiese gebeure uit hul verlede te takel en hul verliese te verwerk.

Die toevalligheid (of noodlot) bied letterlik aan hulle ’n “tweede kans” om verantwoordelikheid te aanvaar vir foute wat hulle in die verlede begaan het, hoewel dit makliker gesê is as gedaan: “Die toevalligheid van ons lewens.

“Toevallig en tydelik. En toevallig ’n verantwoordelikheid jeens jou tydelikheid. Die vraag wat bly, is waar lê die grense van daardie verantwoordelikheid?”

August word gedwing om sy skuldgevoelens oor die dood van sy vrou te besweer. Sy verhouding met die intelligente en sensitiewe Otto dra by tot ’n hernude verantwoordelikheidsbesef, maar belig ook die ironiese si­tua­sie dat juis die volwassenes (Tessa, August en Otto se pa) soos kinders optree.

Om Otto se onthalwe moet Tessa verantwoordelikheid neem om van Andries (haar vervreemde man) te skei, uit die polisiediens te bedank en ’n nuwe lewe in ’n buurdorp te begin.

Tog is niks ooit seker nie en die mens is uitgelewer aan ’n onafwendbaarheid waaraan hy nie veel kan doen nie.

Die relatiwiteit en onafwendbare aard van die menslike bestaan word reeds deur die romantitel te kenne gegee en vorm ’n kerngegewe soos die volgende woorde van August se vriendin Hannah toon: “Daar is geen waarborg nie, sê sy.

Jy kan nie jou lewe gaan omruil vir een wat jou gelukkiger maak nie. Jy kan dit nie terugvat of inruil vir een wat beter werk nie. As jy so laf was om op iets te bie en die bod word op jou toegeslaan, dan sit jy daarmee. Voetstoots. Jy moet sien kom klaar.”

Die onagterhaalbare aard van die verlede en die idee dat die verlede op onverklaarbare maniere in die hede herhaal word, is twee belangrike temas.

Dit geld die persoonlike lewe van die karakters, maar word ook op die breër Suid-Afrikaanse samelewing van toepassing gemaak deurdat daar verwys word na ’n obsessiewe afrekening met die verlede, maar sonder dat huidige probleme in die Suid-Afrikaanse bestel gekonfronteer word.

Die interessante vertel­per­spek­tief is ’n aspek wat aandag verdien. Die roman begin met ’n kort vertelling van ’n man en ’n vrou (hul name word nie genoem nie) wat besig is om intiem te verkeer.
 
In die hitte van die oomblik stamp die vrou die bedtafeltjie langs die bed onderstebo wat veroorsaak dat ’n waterglas en ’n Bybel op die vloer beland.

Die man tel die Bybel op, waarna die vrou dit uit sy hand gryp om dit ’n armlengte weg te skuif sodat hulle die liefdespel kan hervat.

Direk daarna onderbreek die derdepersoonsverteller die vertelling met die volgende selfbewuste kommentaar waarin hy hom direk tot die leser rig: “Hierdie episode kon só begin het.

Maar dit sou vooruitloop beteken, ’n onbeteuelde gulsigheid.

“Veel eerder kan ’n insident van ’n dag tevore as vertrekpunt gereken word.”

Die vertelling waarmee die roman begin, kom eers sowat ’n honderd bladsye later weer ter sprake as daar oor die onmiddellike afloop van die liefdespel vertel word. Eers dan word dit duidelik wie die paartjie is.

Dit is of die derdepersoonsverteller sy eie vertelling soos ’n rolprentopname manipuleer – hy kan begin, stop, vinnig vorentoe en vinnig agtertoe beweeg soos hy verkies. Die verteller tree dus as redigeerder op en die roman lees byna soos ’n draaiboek.

Die leser van die roman word ook kyker (eintlik ’n skelm kyker) en die derdepersoonsverteller se perspektief is die lens waardeur die leser letterlik na die verhaalgebeure kýk, soos die volgende toon: “Draai dan noord, sluit die ore, trek jou rekenaar-aangetaste oë op skrefies sodat jy nie vandag se dorp in fokus het nie, maar sien hoe die omgewing in breë trekke lyk.”

Die gebruik van die bevelvorm versterk die leser se bewustheid van sy/haar rol as aktiewe kyker.

Die verteltegnieke, die metatekstuele kommentaar (kommentaar oor die skryf van ’n literêre teks) en filmiese karakter van die roman is eksperimenteel van aard – dit laat allerlei vrae ontstaan oor die betroubaarheid van vertelling, die grense tussen feit en fiksie, die rol van die leser en wie die uiteindelike skepper van betekenis is – die verteller, leser of konkrete outeur.

Voetstoots gee ’n nuwe dimensie aan die wesenstrekke van vertelling. Dit is nie net die lewe self wat voetstoots beskou moet word nie, maar die totale vertelling in die roman is ’n voetstootse interpretasie van die werklikheid – iets waarvoor daar geen waarborge of absolute antwoorde bestaan nie.

Voetstoots is geen literêre piekniek nie – dit is ’n komplekse roman wat getuig van oorwoë outeursinnovasie. Lesers wat daarvan hou om uitgedaag te word, sal dit ’n boeiende teks vind omdat dit ’n noulettende lees en herlees vra.

Hou maar gerus Nijhoff se gevleuelde woorde in gedagte: “Lees maar, er staat niet wat er staat.”

Cochrane is verbonde aan die departement Afrikaans aan Unisa.

’n Uittreksel

August onthou die dag toe hy saam met Hannah daar besoek afgelê het. ’n Wondermooie toneel. Oorvloedige water, soet water.

’n Skamele tweehonderd meter van die eskarp aan die westekant, van waar jy ver uit kan kyk oor die vlak met die dorp iewers in die grys verte.

Voorkant van die huis wat front na die ooste, in die boloop van ’n kloof wat verder oos, en al dieper, wegval in ’n wemeling van olienhoute en reusetaaibos.

Hannah wys na die plan vir rekonstruksie, die verskillende aansigte.

’n Eenvoudige langhuis, gestroop van alle Kaapse luukshede, met rietdak – sonkwasriet, oorspronklik dalk rog.

Die buiteskerm, die werf met klipkraal.

Verskeie vry sketse van die werf, selfs van ’n ruwe werktafel met bankskroef onder ’n groot olien, rieme aan ’n dwarstak.
– Uitstekend! Wanneer begin julle bou?
– Dis nie so maklik nie. Ek moet eers kyk na my finansies.
– Jy sal alles wat jy insit baie gou terugkry as jy dit as gastehuis bedryf. Met die hele verhaal van Gordon se verblyf daarby.

Waar wil jy beter reklame hê, dis boonop eg, geen goedkoop foefies nie.

Voor August herrys die huis van die weduwee Visser waar kolonel Gordon drie weke lank vertoef het.

Die lang, wit vlak van die muur weerskante van die voordeur word onderbreek deur ’n venster – kleinerig – links, en twee vensters vir die twee kamers aan die regterkant. Die rietdak bo-oor is ’n swaar kombers.

Dis vroegoggend en somer, met hierdie wêreld se onvoorspelbare sleepmis wat van agter oor die eskarp naderskuif dat die taaibos en klossie suikerkanne na die suide vaag word, die bakkerbosse en skilpadbessies regs reeds deur die grys mis ingesluk.

Die deur word oopgetrek en ’n man, maer en met prominente wit skouerknoppe, buk om uit te kom.

– Aili vra my niks vir die tekeninge nie, so gaande is hy oor die plek, hy’s selfs bereid om tot die boukoste by te dra.

Die man wat by die deur uitgesukkel het, vryf oor sy kaal skouers en kyk, wanneer hy regop kom, oor die werf, van hoek tot kant. Dis vroegoggend, hy’s nog sonder hemp.

Gereed om roekeloos te transformeer: Gee my water en arbeid en ek tem die wêreld.

Wag, ’n slaaf het intussen bygekom en neem, van regs, vanuit die noorde, stilswygend die hele tablo in sy waarneming op, van een objek na die ander kyk hy, heel laaste na die huis, en die man.

Sy houding verklaar: Gee kans, ek pluk die transformasiemat onder jou uit, my beurt kom, elke hond sy dag.

Die twee hebsugtiges staar mekaar aan.

’n Fries van opgestapelde jare. In ’n oogwink.

Dan kom alles in hoogste versnelling wanneer ’n hond – maanhare, welige stert – met uitbundige lewenslus by die deurskreef uitpeul, die man byna onderstebo stamp, en baldadig die werf met lang hale deurkruis.

Voordat die sleepmis alles toevou.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

IT Support Consultant

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.