Boeke: Cilliers gaan (weer) ’n groot invloed hê

2011-03-27 21:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soeker deur Pieter Cilliers. Protea. R225

Die verskyning van Pieter Cilliers se ’n Kas is vir klere in 1997 was ’n keerpunt. Dit het die debat oor homoseksualiteit in die Afrikaanse kerke aan die gang gesit en dit veral onmoontlik gemaak om in dié kerklike gesprek langer van “ons” in die kerk en “hulle” (gays) buite die kerk te praat.

Hier het ’n voormalige predikant van die Hervormde Kerk eerlik en op die man af die verhaal vertel van sy eie wors­te­ling met sy geloof en sy gaywees.

Baie gay Christene getuig dat dit die één boek is wat hulle die heel meeste gehelp het om hul seksuele identiteit met hulle Christenskap te versoen.

Baie ouers en familielede van gay mense kon ook met die lees van die boek groter begrip kry vir die situasie van hul kinders, broers en susters.

Nou, 11 jaar later, verskyn ’n tweede boek van Cilliers. Wat eers beplan is as ’n bygewerkte heruitgawe van die eerste boek het in Soeker uitgegroei tot ’n volledige eie verhaal.

In die nuwe voorwoord vertel Cilliers dat hy sedert die verskyning van die eerste boek baie briewe gekry het. Van ’n verskeidenheid mense en vanuit verskeie invalshoeke.

Hy sê: “Elke brief het ’n indruk op my gelaat. Sommige het seer gemaak, kop laat skud en kwaad gemaak. Ander het my verbly. Maar die meeste het my ontstel en my ontroer.” (bl. 9)

Wat die bygewerkte deel van die nuwe boek doen, is om in gesprek te tree met die korrespondensie wat ontvang is en te besin oor die stand van die gesprek oor homoseksualiteit in die breë Afrikaanse gemeenskap, maar ook heel spesifiek in die Afrikaanse kerklike gemeenskap.

Soos in die eerste boek boei Cilliers die leser met sy helder, onderhoudende en ontroerende vertelstyl, maar dis veral die verhale wat in die talle briewe vertel word wat maak dat ’n mens die boek nie kan neersit nie.

Aan die een kant is daar die vloedgolf van negatiewe, afwysende reaksie – soms direk aan Cilliers gerig, soms in die briewekolomme van koerante gepubliseer.

Al het ’n mens al hoeveel van dié soort briewe gelees, skok dit steeds in die felheid en die liefdelose oordeel wat daaruit spreek – veral wanneer dit kom van Christene wat meen dat hulle op dié manier opkom vir die eer van God en die gesag van die Bybel.
Aan die ander kant is daar die ontroerende verhale van gay mense: verhale van pyn en verwerping – óók selfverwerping – maar ook verhale van hoop en bevryding.

Cilliers vertel ook die verhaal van sy ondervinding met die Afrikaanse kerke (en veral die Hervormde Kerk) se reaksie op die boek.

Uit dié deel van die vertelling blyk dat hy redelik skepties is oor die vraag of daar wel ’n verskuiwing in die kerk se denke oor homoseksualiteit plaasgevind het. Sy frustrasie met die proses in die Hervormde Kerk lei daartoe dat hy hom nie net in 2001 van dié kerk se taakgroep oor homoseksualiteit onttrek nie, maar ook as lidmaat van die kerk bedank.

Dié deel van die vertelling gee ’n mens insig in die blootstelling en die daarmee gepaardgaande pyn wat iemand soos Cilliers moes deurmaak juis as gevolg van die groter eerlikheid oor sy seksualiteit en die aanvaarding daarvan as deel van sy identiteit.

’n Mens kry ook begrip vir die feit dat hy as ’n private, skaam mens, ’n introvert, dit nodig gevind het om hom byna ’n dekade lank doelbewus uit die gesprek oor homoseksualiteit te hou.

’n Mens wonder egter saam met hom of hy nie ’n groter verskil sou kon maak deur ’n aktiewe rol binne die gesprek te speel nie.

Dis redelik versoberend om te lees dat Cilliers van mening is dat al die prosesse en gesprekke in die Afrikaanse kerke eintlik baie min opgelewer het.

’n Mens sou byvoorbeeld met hom in gesprek wou tree oor sy bewering dat die meeste van die kerklike pastoraat steeds daarop gerig is om die homoseksueel te probeer verander (bl. 342), en sy beskrywing van die NG Kerk se besluit – om die hantering van homoseksuele lidmate wat in vaste verhoudings is aan die diskresie van kerkrade oor te laat – as “lafhartig” (bl. 413).

In albei gevalle is daar heelwat getuienis wat op die teendeel dui. Maar dis ’n gesprek vir ’n ander dag.

Soos in die geval met sy eerste boek glo ek gaan Cilliers weer met Soeker ’n groot invloed hê.

Nuwe lesers gaan die bevrydende waarheid van sy verhaal ontdek, terwyl lesers van die eerste boek gekonfronteer gaan word met die kompleksiteit van die proses om diepgesetelde oortuigings en vooroordele te verander.

  • Bartlett is ’n leraar van die NG kerk Aasvoëlkop in Johannesburg.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.