Boeke: In dié vertelling word motorfiets ’n karakter

2009-10-05 08:39


Noord van Naboom deur Lodie de Jager. Crink (sagteband, 156 bladsye).

Dit wil gedoen wees: 20 000 km per motorbaaik van Naboomspruit af, deur Afrika, Israel, per skip oor die Middellandse See; weer met die baaik deur Italië na Duitsland, Pole, Letland, Litaue en die Russiese grens, waar hy gedwing word om om te draai, terug Duitsland toe en per vliegtuig Kaapstad toe – vir ’n laaste tog tot in Naboom.

Hy en sy Kawasaki KLR 650 – ’n joernalis noem dit ’n “primitiewe” ding – wat hom met gemak deur twee kontinente, 18 lande en duisende ervarings dra. Dit word sy pel, ’n karakter in dié boek; en dwarsdeur gaan dit oor Afrika se menslikheid waarteen die buitewêreld met uitsonderings na afsteek.

Hy’t ook onlekker ervarings, soos in Ethiopië waar hy ’n aggressiewe stemtoon en houding teëkom en die tweede keer op sy tog in sy slaapsak in sy tentjie bo-op sy bed moet slaap. Tog eet hy een aand hier uit met ’n pa en ma en twee dogters, wat hom insluit in hul liefde vir mekaar.

Pas tevore moet hy in Noord-Kenia by ’n polisiepos verby, waar die polisieman verneem hy kom van Suid-Afrika. “A-a-a-a!” roep die man uit. “Bryan Habana! Victor Matfield!”

By die Soedanse grenspos verras Afrika hom ook. Hy moet wag, maar die mense nooi hom na buite, weer na binne – en gee hom saam met almal ’n heerlike ete, met poeding.

In hierdie reuse-land baaik hy deur die Nubiese woestyn, ’n erge rit. Maar die aand met ’n jong boer en sy kinders voor die TV met hul Soedanse musiek en danse, en later ’n buurvrou en haar mense op ’n oorlaaide mat vir ’n middernagfees, reis hy “tussen die harte van mense”.

Soos ander het hy al op ’n nagvlug oor Afrika gewonder oor die donker dáár onder. Nou weet hy: die flikkerkersie op die mat sê vir die lugreisiger niks van die onvergelyklike gasvryheid op die bodem nie.

En wat hy ervaar, laat hom vra: “Waar het ons in Suid-Afrika die pad byster geraak?”

Lees van die Palestynse vrou in Haifa, Israel, wat hom twee glasballetjies gee voor hy oorsee vaar en in Italië en Duitsland ’n onvergenoegdheid het. Hiervoor kry hy by die grenspos van Duitsland die antwoord: Hy mis nie die swaarkry van Afrika nie, maar die Afrikane, “hul eenvoud, hul warmte, hul menswees”.

In Langenselbold in Duitsland eet hy, Günther en Rosi die aand uit.

Günther sê vir die kelnerin dat Lodie van Suid-Afrika af, deur Afrika tot hier met sy baaik gery het. Sy vra belangstellend: Ry hy ná aandete huis toe?

Deur Pole, Litaue en Letland, waar hy langs die Dougavarivier verdwaal en op ’n dorpie afkom wat 70, 80 jaar terug in die verlede vassteek: die huisies vierkantig van hout, elk met ’n groentetuin; perdekarre langs die strate en vroue wat met kopdoeke en mandjies tussen die huisies en ’n winkeltjie op die hoek loop.

Hy mik na St. Petersburg, Rusland, en die tsaar se somerpaleis. Lees hieroor.

Bestel by www.crink.co.za, of 0?012-342-7202.

-? Van Wyk is ’n historikus.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.