Raakgelees

2011-06-05 21:08




Karin Brynard se Plaasmoord is verlede jaar aan die Franse uitgewer Le Seuil verkoop. Die Nederlandse vertaling deur Riet de Jong-Goossens het vroeër vanjaar by Ailantus verskyn met die titel Moord op Huilwater en die Engelse vertaling van die plaaslike uitgawe van Murder on the Farm is pas voltooi.

Gerd Boeren skryf op die Nederlandse krimi-webblad Ezzulia: “Een vergelijking met grootmeester Henning Mankell dringt zich eveneens op. Stél dat Karin Brynard ervoor zou kiezen een reeks te schrijven rond politie-inspecteur Beeslaar, dan kunnen de literaire(!) thrillerliefhebbers zich binnenkort verheugen op een Zuid-Afrikaanse Wallander.”


’n Slaaptydstorieboek wat eers in Oktober sou verskyn het, is nou ’n topverkoper op amazon.com – danksy ’n elektroniese weergawe wat “uitgelek” en soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

Go the f*ck to sleep onderbreek kinderrympies met vloekwoorde van ’n moedelose pa en is pragtig geïllustreer.

Dit is gemik op die uitgeputte ouer wat saans vergeefs wag vir sy kind om vaak te word, net om te voel hy gaan nooit uit daardie kamer kom nie, sê die skrywer Adam Mansbach. Fliekregte is opgeraap en die publikasiedatum is vervroeg na vandeesmaand.


Daar’s ’n nuwe gonswoord in letterkunde: die sogenaamde meta-memoires. Dis nou memoires binne memoires – volgens die uitgewers van Luca Spaghetti se memoires. Luca wie? Luca is die einste Italiaanse geliefde oor wie die joernalis Elizabeth Gilbert in Eat, Pray, Love skryf.

Un Amico Italiano: Eat, Pray, Love in Rome is Spaghetti se weergawe van hoe dit gevoel het om in Gilbert se memoires te verskyn. Dié boek is glo genadiglik lig en verteerbaar.


  • ’n Onbekende Suid-Afrikaner is onder die vyf finaliste vir die Britse Crime Writers’ Association (CWA) se Debut Dagger-prys, wat onlangs in Bristol aangekondig is. Die Kaapse rolprent- en TV-draaiboekskrywer Michele Rowe het haar sielkundige riller, What Hidden Lies, geskryf toe sy verledle jaar wyle Stephen Watson se kreatiewe skryfkursus aan die Universiteit van Kaapstad bygewoon het. Haar studieleier was Mark Behr (Die reuk van appels). Sy het die eerste drie hoofstukke van die toe nog onvoltooide manuskrip aan die CWA-beoordelaars voorgelê. Die boek verskyn binnekort.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2008
R 265,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.